Slaai met bone & kruie

Slaai met bone & kruie

’n Kleurvolle kombinasie van slaaibestanddele met botterbone as die proteïen. Die geure van die tuisgemaakte slaaisous is heerlik met die bone. Moenie in die versoeking kom om die slaai saam met brood te eet nie, want dis vullend genoeg soos dit is. Enige oorskiet-slaai is perfek vir ’n kosblik.

Plathoender met feta, kruie & songedroogde tamaties

Plathoender met feta, kruie & songedroogde tamaties

Kyk, party bestanddele is nou maar eenmaal ’n wonderlike kombinasie, soos vars kruie en suurlemoen. Of basiliekruid en tamatie. Sit nou ’n bietjie fetakaas by en almal gaan hul lippe aflek. Moenie huiwerig wees om ’n heel hoender soos dié plathoender voor te berei nie – volg net die stappe, dis regtig maklik. As die hoender só gaargemaak word, lyk dit indrukwekkend, word mooi eweredig gaar en is baie maklik om in porsies op te sny.’n Besonderse ete!

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest