Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Plathoender met feta, kruie & songedroogde tamaties/ Spatchcock chicken with feta, herbs & sundried tomatoes

Aug 13, 2021 | Mains, Poultry

So geurig
Kyk, party bestanddele is nou maar eenmaal ’n wonderlike kombinasie, soos vars kruie en suurlemoen. Of basiliekruid en tamatie. Sit nou ’n bietjie fetakaas by en almal gaan hul lippe aflek. Hierdie kombinasie van geure kan op baie maniere gebruik word, of dit nou vir ’n pastagereg, met groente, in ’n slaai of selfs ’n toebroodjie is. Ek het dit onlangs as vulsel vir ’n plathoender (spatchcock-hoender) gebruik en gaan dit gaan beslis een van my gesin se gunstelinge word.

Maak ’n plathoender só
Moenie huiwerig wees om ’n heel hoender soos dié plathoender voor te berei nie – volg net die stappe in die resep, dis regtig maklik. Die platter vorm van die hoender maak dit maklik om meer vulsel eweredig onder die vel in te druk. En as die hoender só gaargemaak word, lyk dit indrukwekkend, word mooi eweredig gaar en is baie maklik om in porsies op te sny. Vir dié resep is die hoender in die oond gerooster, maar ons het dit ook al met groot sukses in ’n kettelbraai gaargemaak en die ekstra rokerige smaak is baie lekker. Sit die hoender met slaai en groente voor. ’n Besonderse ete!

A spatchcock chicken always looks so impressive and yet, it’s such an easy thing to prepare. The first step is to flatten the chicken – just follow the easy steps in point 1 and 2 in the method. The combination of ingredients in the stuffing is really good – spread this mixture under the skin and roast to perfection. This cooking method is perfect to ensure a juicy end-result and the flavours are absolutely mouth-watering. A spatchcock chicken roasts quicker and carving it is so much easier.

 

Resep (Afrikaans)

Plathoender met feta, kruie & songedroogde tamaties

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele

1,5 kg heel hoender

60 ml (¼ k) olyfolie

sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

45 ml (3 e) grofgekapte vars basiliekruidblare

15 ml (1 e) vars tiemieblare

15 ml (1 e) grofgekapte vars Italiaanse pietersielie

sout en peper

2 skywe fetakaas, gekrummel (verkieslik sagte feta, soos ’n Deense-styl feta)

8 gemarineerde songedroogde tamaties, gekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sit die hoender met die borskant na onder op ’n snyplank. Knip met ’n skerp kombuisskêr dwarsdeur die ruggraat van die hoender, van die holte tot bo in die nek.
  3. Draai die hoender om, vou die twee helftes ‘oop’ en druk met die palm van jou hand op die borsbeen om die hoender plat genoeg te druk. Moenie skrik as dit kraak nie – hoe platter die hoender lê, hoe egaliger word dit gaar.
  4. Meng die olie, suurlemoensap, -skil en kruie saam. Geur na smaak.
  5. Meng die helfte van die olie-mengsel met die feta en songedroogde tamaties tot ’n dik ‘pasta’ vorm.
  6. Plaas die plathoender, met die vel na bo, op ’n groot bakplaat. Maak die vel van die nek se kant versigtig los en smeer helfte van die fetamengsel eweredig onder beide borsgedeeltes se vel. Maak die vel verder los soos jy die mengsel smeer, maar wees versigtig dat die hoendervel nie skeur nie.
  7. Maak die vel tussen die dy en boudjie aan die ‘buitekant’ (weg van die borsgedeelte) los. Smeer nog ’n kwart van die fetamengsel onder die vel van elke dy-boudjie se kant.
  8. Skink die orige olie-kruiemengsel oor die hele hoender en geur na smaak.
  9. Rooster vir 40-45 minute of tot goudbruin en gaar. Om te toets of die hoender gaar is, prik die dikste deel van die boudjie of dy met die punt van ’n skerp mes. Die vloeistof wat uitloop moet helder wees en glad nie ’n skynsel van pienk wys nie.
  10. Sny in porsies (sien wenk) en sit dadelik met suurlemoenwiggies en ’n groot groen slaai of enige bygeregte van jou keuse voor.

Wenke

  1. Rooster die hoender in ‘n ketelbraai vir ‘n ekstra lekker geur.
  2. Die maklikste manier om ’n hoender in porsies te verdeel, is deur dit met ’n skerp kombuisskêr, deur die litte, in porsies te sny.
  3. Tuisgemaakte gemarindeerde songedroogde tamaties: Week die songedroogde tamaties in warm Rooibos vir ‘n paar uur, tot heeltemal sag. Dreineer die tee (vries dit as ‘n tamatie-aftreksel vir ‘n sop, bredie of maalvleismengsel). Marineer tamaties in ‘n mengsel van twee-derdes olyfolie en een derde balsamiese asyn, met ‘n paar takkies vars roosmaryn of tiemie. Stoor die mengsel in ‘n gesteriliseerde glasfles in die yskas. Die tamaties is so veelsydig – gebruik dit in ‘n pastagereg, om koeskoes mee te geur of in ‘n slaai. Dis selfs heerlik in ‘n aartappelslaai.

Recipe (English)

Spatchcock chicken with feta, herbs & sundried tomatoes

Serves 4 – 6

Ingredients

1,5 kg whole chicken

60 ml (¼ cup) olive oil

juice and finely grated rind of 1 lemon

45 ml (3 tbsp) coarsely chopped fresh basil or origanum

15 ml (1 tbsp) fresh thyme leaves

15 ml (1 tbsp) coarsely chopped fresh Italian parsley

salt and pepper

2 slices feta, crumbled (soft Danish-style feta is ideal)

8 marinated, sun-dried tomatoes, chopped (see tips)

lemon wedges for serving

Method

  1. Preheat oven to 180 °C. Place chicken with breast side facing down on a chopping board. Cut through the backbone with a sharp pair of kitchen scissors, starting at the bottom of the cavity (pope’s nose side) and cutting all the way to the neck. Cut off the pope’s nose if preferred.
  2. Turn chicken over and open-up the two halves. Press the breastbone down with the palm of your hand towards the chopping board, to flatten the carcass. Don’t be alarmed if the breastbone cracks – this ensures a flatter chicken for the best results.
  3. Mix oil, lemon juice and rind and herbs together. Season to taste.
  4. Mix half of the oil mixture with feta and sundried tomatoes to form a thick paste.
  5. Place chicken, skin facing up, on a large baking tray. Carefully loosen skin from the neck and spread half of the feta mixture under the skin, evenly over the breasts. Continue loosening the skin as you spread the mixture but take care not to tear the skin.
  6. Loosen the skin between the thighs and drumsticks, working from the outside, furthest from the breast. Spread remaining mixture under the skin, on each side.
  7. Pour remaining oil-herb mixture over the whole chicken and season to taste.
  8. Roast for 40-45 minutes or until golden brown and cooked. To test if the chicken is cooked, prick the thickest part of the thigh with a sharp knife. The juices should run clear and not have a hint of pink anymore. Roast for another few minutes if necessary.
  9. Portion the spatchcock (see tip below) and serve with lemon wedges, a large green salad or any side dishes or your choice.

Tips

  1. Roast the spatchcock chicken in a kettle braai for the added smoky flavour.
  2. Portioning chicken is best done with sharp kitchen scissors, as you can easily cut through the joints.
  3. Homemade marinated sundried tomatoes: Soak sundried tomatoes in warm Rooibos tea for a few hours or until soft. Drain the tea (freeze this as a tomato cooking liquid for soup or a mince mixture) and marinate tomatoes in a mixture of two-thirds olive oil to one-third balsamic vinegar and a few sprigs of fresh thyme. Refrigerate in an airtight container until needed. These tomatoes are also really versatile. Try is in pasta, couscous, salad or under the skin of a whole roasted chicken.

In September – November 2021 was hierdie deel van ’n artikel oor kos vir die lente in LiG Tydskrif.
Foto’s: Adel Ferreira Photography en Myburgh Du Plessis.
Foto-agtergronde: Heinstirred backgrounds.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This