by Heleen Meyer | Oct 3, 2025 | Mains, Meat
Niemand gaan skeef kyk as jy so bietjie moet slurp aan die heerlike noedels nie, dis immers hoe dit geëet word. Die geurige bakkies aftreksel met bestanddele in die vloeistof, kom oorspronklik uit China, maar die Japanese het dit gewild gemaak. Maak die resep sommer baie binnekort!
by Heleen Meyer | Aug 14, 2025 | Mains, Meat
Dié gewilde gereg, oorspronklik uit Indonesië, se grondboontjiesous mag dalk vreemd klink, maar is ongelooflik lekker en so geurig. Jy gaan nie ‘n druppel daarvan wil mors nie.
by Heleen Meyer | Jul 4, 2025 | Mains, Meat
Stiekie-bees met gegeurde rys – dis wegneemkos uit jou eie kombuis en in ‘n ‘kits’ gereed. Die smullekker soet-suur geur met vars gemmer en ‘n bietjie byt is perfek saam met die geurige rys. Die sesamsaad en spinasieblare in die rys is ‘n lekker verrassing en maak van die ete ‘n maaltyd-in-‘n-bakkie.
by Heleen Meyer | Jun 25, 2025 | Mains, Meat, Poultry
Het jy al self ‘butter chicken’ gemaak? Die aromatiese hoendergereg is watertand-lekker en baie makliker om voor te berei as wat jy dalk gedink het. Dit vra net so bietjie beplanning, want al wat jy moet onthou is om die hoender vooraf vir ’n uur of twee te marineer – dit gee die beste geur. Die res word in drie vinnige stappe gedoen.
by Heleen Meyer | May 28, 2025 | Mains, Meat
Vir baie mense is tamatiebredie sommer net huiskos, maar dit bly ’n spesiale gereg en selfs ideaal om vriende mee te onthaal. For many people a tomato bredie is comfort food, but it remains a special meal and is perfect when entertaining. Click for the English and Afrikaans recipes.
by Heleen Meyer | Oct 21, 2024 | Mains, Meat
Tuisgemaakte pizza is soveel pret! Al wat jy nodig het, is ’n betroubare deegresep, aromatiese tamatiesous en bolae van jou keuse. In die blog gee ek jou al die resepte, wenke en idees om jou eie kombuis in ’n ‘pizza-restaurant’ te omskep.