by Heleen Meyer | Jul 9, 2021 | Breakfast, Light meals
Have you ever heard mushrooms squeak when you fry them in a hot pan? That’s exactly what the mushrooms in this recipe need to do. Done in a pan, that is just hot enough to fry them in a flash, adds lots of flavour to this dish.
by Heleen Meyer | Oct 5, 2018 | Breakfast, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Mains, Vegetarian
Die eenvoud van ’n eier is dalk juis die rede waarom dit so veelsydig is. Met eiers kan jy in ’n japtrap ’n vullende en voedsame ete voorberei en soveel ander bestanddele is perfekte pasmaats vir dié proteïen-bom. Wat sit jy graag as vulsel in ’n omelet?
Gevulde omelette kan sonder veel moeite met ’n paar interessante bestanddele in ’n gourmet-ete omskep word. En dis beslis nie net vir ontbyt bedoel nie. Dis ook ’n maklike manier om ’n ete gebalanseerd te hou, want met jou keuse van vars vulselbestanddele en ’n slaai daarmee saam, kan jy al die belangrike voedselgroepe insluit. Gebruik dit wat in seisoen is vir die meeste geur en as daar iets uit kleurgroep op jou bord is, is dit reeds gesond en lyk dit sommer ook aptytlik.
by Heleen Meyer | Sep 14, 2018 | Breakfast, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Mains, Vegetarian
Mieliepap – wat is die herinnering wat dit by jou oproep? Ek het daarmee groot geword en is baie lief daarvoor, en beslis meer as bygereg met braaivleis, as vir ontbyt. Maar die moontlike maniere om dit voor te sit, strek baie verder as net met braaivleis. Hoe klink geroosterde groente met kaas, neute, kruie en olyfolie op romerige mieliemeel? Dis ewe lekker as laat-ontbyt of vegetariese ete.
by Heleen Meyer | Apr 13, 2018 | Breakfast, Kosblik 101 / Lunch boxes
Perfek vir ontbyt, ’n ligte aandete of middagete – die keuse is joune. Maak dié ratatouille met chorizo-worsies en bak vir elkeen ’n eier of twee in die warm sous. Die kombinasie van murgpampoentjies, eiervrug, soetrissie en tamatie met vars kruie en ’n skeut suurlemoensap is heerlik. Die paprikageure in die chorizo pas perfek hierby en gee die ratatouille ’n wonderlike smaak.
by Heleen Meyer | Apr 6, 2018 | Breakfast, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals
’n Gekookte eier is ’n basiese en eenvoudige bestanddeel, baie voedsaam en nogal veelsydig. En tog, as jy nie mooi weet hoe om dit suksesvol te kook nie, kan dit nogal ’n katastrofe afgee. Almal weet hoe lyk ’n hardgekookte eier wat heeltemal ‘blou’ geword het in die dop. Of het jy al eiers gekook en dan is dit na ’n paar minute ’n redelike stryd om die pot vol gekraakte eiers (of sal mens dit oopgebars noem) klaargekook te kry, sonder dat al die eierwit in die water uitkook?
by Heleen Meyer | Mar 28, 2018 | Breakfast, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals
Om met produkte en bestanddele van topgehalte te werk is altyd lekker. Nie net om te eet nie, maar ook om daarmee te kook. Deesdae doen sommige verskaffers en vervaardigers van kosprodukte regtig baie moeite om seker te maak dat net die beste bestanddele vir hul produkte gebruik word. As jy dan daarmee kook, is daar dikwels min ander bestanddele nodig om ’n smaaklike ete voor te berei.