by Heleen Meyer | Aug 5, 2022 | Baking, Desserts, sweet treats & baking, Fruit, Hot dessert
Dié gebakte pere is só maklik om te maak en bestaan uit ’n paar eenvoudige bestanddele. Die resultaat is ’n smaak-avontuur. Die subtiele speserygeure is perfek met die gekaramelliseerde smaak van die pere. Sit dit net so voor, of bedien dit met een van die opsies in die resep – die Griekse jogurt is beslis my eerste keuse.
by Heleen Meyer | Jul 28, 2022 | Baking, Desserts, sweet treats & baking, Hot dessert
Op ’n koue dag maak die poeding jou hart én maag warm. Die gebakte suurlemoenpoeding met sy soetsuursous onder in die bak is alombekend. My ma, Letteli Nel, het eendag besluit om grenadellapulp by die beslag te roer en wat ’n verrassing! Nou is dit ons ‘onthoukos’, want my kinders vra altyd dat ek die poeding so moet maak.
by Heleen Meyer | Apr 11, 2022 | Baking, Desserts, sweet treats & baking
Dit maak nie saak of jy dit botterbroodjies of skons noem nie, as dié gebakte lekkertes vars en stomend uit die oond kom, is ek eerste aan die tafel. Dié volkoringweergawe is heerlik, met die ekstra vesel en neuterige smaak, en die jogurt gee dit ’n veerligte tekstuur.
by Heleen Meyer | Dec 14, 2021 | Baking, Desserts, sweet treats & baking
My basiese botterkoekresep is juis só ontwikkel, dat dit maklik met verskillende geure aangepas kan word. So, toe ek ’n marmerkoek wou bak, was dit die perfekte resep om mee te werk. En aangesien ek nie van baie versiersuiker op ’n koek hou nie, het ek besluit om ’n alternatief te kies. Die eindresultaat was ’n klam Marmerkoek met suurroom en bessies – só mooi om na te kyk en ’n smullekker bederf.
by Heleen Meyer | Dec 9, 2021 | Baking, Desserts, sweet treats & baking
Dié plaatkoekieresep het ek jare gelede ontwikkel en dit bly ’n staatmaker. Ek het dit al soveel keer gemaak en dit bly ’n lekker bederf. Die karringmelk in die resep maak die plaatkoekies ekstra veerlig en ek sit glad nie suiker in die beslag nie, want die suurlemoenskil en vanielje gee dit ’n heerlike geur. Wat is jou gunsteling om op ’n plaatkoekie te eet?
by Heleen Meyer | Dec 3, 2021 | Baking, Desserts, sweet treats & baking
Use this basic homemade cookie recipe and pick and choose from the variety of flavour options. The idea to have one fool proof recipe that you can adapt to conjure up homemade delicious treats, is just fabulous.