Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Sweetcorn fritters

Sweetcorn fritters

These are a delicious family treat that will have the kids begging for more. Any leftovers are ideal for lunch for the office or school the next day. Make small sweetcorn fritters to add to a snack platter when entertaining – they’re fabulous.

read more
Quick banana & oat flapjacks

Quick banana & oat flapjacks

These heavenly flapjacks can be whipped up in no time, which explains their name: Quick banana & oat flapjacks! They are great for breakfast, a no-fuss brunch or even to pack into a lunch box. This recipe is even ideal for little ones starting to eat solids. Get creative with wholesome toppings of your choice like honey, peanut butter, banana, lemon rind, nuts or toasted seeds.

read more
Klein vark-&-appelburgers

Klein vark-&-appelburgers

Sodra die vakansie aanbreek, is jou roetine hopelik ook bietjie rustiger. Dis ’n ideale tyd om die kinders in die kombuis te laat help. Hoe meer hulle daar betrokke is, hoe groter is die kans dat hulle opgewonde is om dit te eet waarmee hulle gehelp het. En moenie verbaas wees as hulle dan ook meer avontuurlustig is met nuwe geure en bestanddele nie. Hierdie varkburgers is so maklik om te maak en selfs ’n kleiner kind kan help om die maalvleismengsel in balletjies te rol. Die geurkombinasie van varkvleis, appel, kruie en speserye is heerlik.

read more
Appelslaai met kekerertjies & dukkah

Appelslaai met kekerertjies & dukkah

Dukkah en kekerertjies met sappige appels, ’n paar kruieblare en saggekookte eiers is ’n lenteslaai uit die boonste rakke. Een van die lekkertes van hierdie tyd van die jaar, is dat daar wonderlike vars produkte is om mee kreatief te wees. Met net ’n paar bestanddele en ’n interessante geurmiddel kan jy met min moeite ’n ete gereed hê.

read more
Geroosterde kekerertjies met speserye

Geroosterde kekerertjies met speserye

’n Eenvoudige speserymengsel met ’n skeut suurlemoensap en olie is perfek om kekerertjies in ’n opwindende element te omskep. Die kekerertjies word in dié mengsel gerooster tot dit bros is en dan is dit sommer ekstra veelsydig. Vegetariese etes gebruik gereeld kekerertjies, aangesien dit ’n goeie bron van proteïen en koolhidrate is. Dit het ook die vermoë om ander geure wonderlik te absorbeer en juis daarom is die resep so ideaal.

read more
Sampioen-lasagne met appelslaai

Sampioen-lasagne met appelslaai

Van kleins af, is lasagne hoog op my lys van koesterkos-geregte. As my ma ons wou bederf of wanneer jy kon kies watter gunsteling jy vir jou verjaarsdagete wil hê, was lasagne gereeld eerste genoem. Ja, lasagne bestaan uit lae geurige maalvleis en pasta met ’n kaassous, maar met deesdae se innoverende kosneigings, is dit nie meer die enigste manier waarop dié bekende gereg gemaak kan word nie. Die pasta word dikwels met groente van ’n soort vervang of die maalvleis word selfs hoender, of vis – daar is baie opsies.

Maalvleis, sampioene en spinasie is ’n heerlike kombinasie en ideaal om inderdaad ’n glutenvrye-lasagne mee te maak. En al gebruik jy nie ’n kaassous bo-op nie, is ’n mengsel van karringmelk, kruie en kaas ewe lekker. Onthou, kaassous word tipies met meel gemaak, so dit bevat ook gluten, soos die pasta.

read more
Pasta-oondgereg met hoender & broccoli

Pasta-oondgereg met hoender & broccoli

’n Paar bekende bestanddele kan maklike in ’n oondgebak omskep word wat vir die hele gesin gaan lekker wees. Broccoli en hoender is ’n algemene kombinasie en as jy dit met pasta meng en soos ’n macaroni-en-kaas bak, het jy in ’n japtrap aandete. En behalwe daarvoor, kan jy ook sommer terselfdertyd ’n paar bestanddele gaarmaak vir die heel jongste lede van die gesin – veral die wat dalk nog nie daarvan hou dat alles saamgemeng is in een gereg nie.

read more
Geroosterde-broccoli-blomkoolslaai

Geroosterde-broccoli-blomkoolslaai

Blomkool en broccoli het in die laaste paar jaar vinnig op die groente-gewildheidsleer geklim. Die twee groentes is lankal nie meer net vir ’n kaassous beskore nie en deesdae kry jy baie interessante maniere om dit voor te sit. Hierdie is beslis in my kombuis ’n gunsteling. Dis so maklik om te maak en as jy nog nie voorheen geroosterde blomkool en broccoli geproe het nie, moet jy dit beslis probeer.

read more
Klein lensieburgers

Klein lensieburgers

Laat jou kinders die vakansie in die kombuis help – dit kan groot pret wees. Dié lensieburgers is maklik om te maak en elkeen kan sy eie burger saamstel soos hulle daarvan hou. Maak dit ’n ete op ’n stoep of om die swembad, of wat van padkos of ’n piekniek?
Kinders wat in die kombuis help, is dikwels meer geneig om te proe aan dit waarmee hulle gehelp het. Maak dit vir hulle opwindend om in die kombuis te wees, dit maak sommer jou werk ook ligter.

read more
error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This