Pasta-oondgereg met hoender & broccoli

Pasta-oondgereg met hoender & broccoli

’n Paar bekende bestanddele kan maklike in ’n oondgebak omskep word wat vir die hele gesin gaan lekker wees. Broccoli en hoender is ’n algemene kombinasie en as jy dit met pasta meng en soos ’n macaroni-en-kaas bak, het jy in ’n japtrap aandete. En behalwe daarvoor, kan jy ook sommer terselfdertyd ’n paar bestanddele gaarmaak vir die heel jongste lede van die gesin – veral die wat dalk nog nie daarvan hou dat alles saamgemeng is in een gereg nie.

read more
Geroosterde-broccoli-blomkoolslaai

Geroosterde-broccoli-blomkoolslaai

Blomkool en broccoli het in die laaste paar jaar vinnig op die groente-gewildheidsleer geklim. Die twee groentes is lankal nie meer net vir ’n kaassous beskore nie en deesdae kry jy baie interessante maniere om dit voor te sit. Hierdie is beslis in my kombuis ’n gunsteling. Dis so maklik om te maak en as jy nog nie voorheen geroosterde blomkool en broccoli geproe het nie, moet jy dit beslis probeer.

read more
Klein lensieburgers

Klein lensieburgers

Laat jou kinders die vakansie in die kombuis help – dit kan groot pret wees. Dié lensieburgers is maklik om te maak en elkeen kan sy eie burger saamstel soos hulle daarvan hou. Maak dit ’n ete op ’n stoep of om die swembad, of wat van padkos of ’n piekniek?
Kinders wat in die kombuis help, is dikwels meer geneig om te proe aan dit waarmee hulle gehelp het. Maak dit vir hulle opwindend om in die kombuis te wees, dit maak sommer jou werk ook ligter.

read more
Tuna-en-mieliekoekies

Tuna-en-mieliekoekies

‘n Kleurvolle kosblik lyk ook sommer meer aptytlik en ‘n maklike manier om dit reg te kry, is om vars vrugte en groente in te pak. Kies seisonale opsies om dit sommer beide lekkerder, soeter en meer bekostigbaar te maak. Hoe meer kleure in die ete, hoe meer...

read more
Lensie-en-bonekoekies

Lensie-en-bonekoekies

Hierdie lensie-en-bonekoekies is altyd gewild en heerlik met die jogurt en kruisement. Die resep is baie veelsydig, want dit kan vir 'n ligte aandete, kosblik of selfs as peuselhappies geniet word. Sit die verskillende elemente in ‘n groot slaaiblaar voor of draai dit...

read more
Spinasie-en-mieliebakkies

Spinasie-en-mieliebakkies

Resepte Spinasie-en-mieliebakkiesResep aangepas Cooking from the heart. Lewer 12 bakkies Eier is ‘n wonderlike proteïen en so veelsydig om deel te maak van verskillende maaltye van die dag. In hierdie kosblik, is dit deel van die mieliebakkies, lekker gesond en...

read more
error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This