Klein lensieburgers
Laat jou kinders die vakansie in die kombuis help – dit kan groot pret wees. Dié lensieburgers is maklik om te maak en elkeen kan sy eie burger saamstel soos hulle daarvan hou. Maak dit ’n ete op ’n stoep of om die swembad, of wat van padkos of ’n piekniek?
Kinders wat in die kombuis help, is dikwels meer geneig om te proe aan dit waarmee hulle gehelp het. Maak dit vir hulle opwindend om in die kombuis te wees, dit maak sommer jou werk ook ligter.
Sukkel jy dalk om lensies op ’n interessante manier deel te maak van jul etes? Hierdie lensieburger-resep is baie soortgelyk aan dié van ’n tuisgemaakte maalvleispattie (terloops, pattie is deesdae ’n erkende woord in Afrikaans) en so maklik om te maak. Die resep is vir Cooking from the heart se eerste resepteboek ontwikkel en dit was nog altyd baie gewild, want dis geurig, eenvoudig om voor te berei en regtig bekostigbaar.
Lensies het van nature ‘n baie neutrale, maar effens neuterige geur, so die regte geurmiddels is belangrik. Sit dit voor met ‘n interessante verskeidenheid vars bestanddele en ‘n sous wat alles komplimenteer, soos ongegeurde jogurt of guacamole. Maak gerus die eenvoudige koolslaai as alternatief vir slaaiblare – dit omskep ‘n lensieburger sommer dadelik in ‘n gourmet-burger. Die slaai is in meer detail onderaan die pattie-resep beskryf. Sit die lensiepatties voor in volkoringbroodjies van jul keuse met iets waarvan die kinders in ‘n burger sal hou, bv. komkommer of skyfies tamatie.
Lewer 15 – 20 klein patties
1 x 410 g-blik botterbone, gedreineer
1 ui, fyngekap
2 eiers
75 ml (5 e) volkoringmeel
1 wortel, gerasper
15 ml (1 e) tamatiesous
2,5 ml (½ t) bakpoeier
15 ml (1 e) suurlemoensap
10 ml (2 t) gedroogde gemengde kruie
7,5 ml (½ e) gemaalde koljander
2,5 ml (½ t) sout
swartpeper na smaak
15 ml (1 e) Westfalia gewone avokado-olie vir braai
2. Verhit ’n bietjie van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan (gebruik ’n AMC 28 cm Chef’s pan). Skep sowat 60 ml van die mengsel per koekie in die braaipan.
3. Braai tot dit bo-op begin stol, draai om en braai tot goudbruin en gaar. Herhaal met die orige olie en mengsel.
4. Sit voor as klein lensieburgers op volkoringpitas of -broodrolletjies, met vars slaaibestanddele en ongegeurde jogurt of guacamole. En maak ’n vinnige kool-en-komkommerslaai – sien die wenk hieronder.
2. Vinnige kool-en-komkommerslaai: Meng fyngesnyde wit kool, komkommerrepies en kruisementblare om saam met die burgers te geniet. Geur die slaai met Westfalia se suurlemoen-gegeurde avokado-olie in plaas van mayonnaise vir ‘n vars burger-bykomstigheid.
3. Gebruik gerasperde appel in plaas van die wortel, as nog ’n manier om ’n natuurlike soet smaak aan die lensiekoekies te gee.
Trackbacks/Pingbacks