Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Tuna-en-mieliekoekies

Jan 30, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Kosblik 101

Spyskaart

Tuna-en-mieliekoekies

Vars slaaibestanddele, soos broccoli, tamaties, druiwe en avokado

Heel Gemstone Fruit® perske

‘n Kleurvolle kosblik lyk ook sommer meer aptytlik en ‘n maklike manier om dit reg te kry, is om vars vrugte en groente in te pak. Kies seisonale opsies om dit sommer beide lekkerder, soeter en meer bekostigbaar te maak. Hoe meer kleure in die ete, hoe meer voedingswaarde is ook ingesluit. Die doel van ‘n kosblik is juis om almal versadig te hou tot die volgende ete, so neem in ag wat die res van die dag se ete ook insluit. ‘n Ligte ontbyt gaan dalk ‘n meer vullende kosblik vra, of as ‘n gesinslid eers na 4nm weer by die huis is, moet die kosblik gelykstaande aan ‘n vullende middagete wees. Maak seker dat daar uit elke voedingsgroep iets ingepak is en hou dit so vars en onverwerk as moontlik.

Die viskoekies met suikermielies is ideaal, want dit is sommer die proteïen en stysl in-een. Die volkoringmeel maak dit nog meer vullend en minder verfyn en jy kan ‘n hele paar daarvan inpak om die ete vullend te maak. Vandag se idee is ook ideaal as ‘n peuselete, want alles kan met die hand geniet word en vir kinders is dit soms ook makliker om aparte items te hanteer. Pak groente in waarvan jou gesin hou en sorg vir ‘n lekker verskeidenheid. Vir iemand wat heeldag oppad is, is dit ook ‘n lekker praktiese ete.

Die resep kom uit Pharma Dynamics se tweede Cooking from the heart resepteboek in die reeks, waarin daar juis ‘n hele klomp idees en resepte vir kosblikke en peuselhappies is. Laai gerus die boekies gratis af by http://www.cookingfromtheheart.co.za

Vir die geroomde suikermielies vir vandag se resep, verkies ek beslis Rhodes Quality se produk. Daar is nie onnodig baie sout en bygevoegde suiker by nie en dit het ‘n baie lekker konsistensie. Party ander produkte is vir my soms onnatuurlik styf, te veel verdik en onnodig soet. Lees dus beslis die etikette van geroomde suikermielies voor jy sommer enige iets koop. Rhodes se geroomde suikermielies dra ook die Hartstigting van SA se Hartmerk. En die gerieflike knippie op hul geblikte produkte is nog ‘n praktiese rede om te soek vir Rhodes Quality produkte.

Een bestanddeel waarsonder jy gaan sukkel om die tuna-en-mieliekoekies met sukses te maak, is eiers. Dit is die belangrike bestanddeel om alles saam te bind en gee die gebakkies ook ‘n lekker tekstuur. Eiers is regtig veelsydig en dra natuurlik ook tot die voedsaamheid van die ete by, want dit is nie net ‘n goeie proteïen, maar propvol voedingswaarde. Nulaid eiers is in verskillende groottes enverpakkings beskikbaar, so kyk uit vir die verskilllende kleure op die etikette en koop wat die beste by jou gesin se behoeftes pas. Ons koop ten minste 18 eiers in ‘n week en gebruik dit op verskillende maniere. Onthou dat die eierhouertjies en doppe perfek is vir die komposhoop of wurmplaas – moet dit nie in die drom gooi nie.

Perskes en nektariens is deesdae in ‘n wonderlike verskeidenheid van variëteite beskikbaar, so daar is regtig iets vir elke smaak. Die gladde skil nektariens in die Gemstone Fruit® reeks is sappig en regtig geurig en daar is wit en geel nektariens om van te kies. Die etikette onderskei tussen Diamond (geel) en Pearl (wit). Dieselfde onderskeid word vir die perskes in die Gemstone Fruit® reeks gebruik, so weereens is dit maklik om te weet wat jy koop. Die somerskleure van die vrugte se skil én die binnekante, as jy dit oopsny, is regtig iets wat my gereeld laat dink aan die gedig van ML de Villiers: Sy’s ‘n perskeblom – te mooi om mis te kyk!

Gemstone Fruit® is by uitgesoekte SPAR supermarkte beskikbaar.

Resepte

Tuna-en-mieliekoekies

Resep uit Cooking from the heart 2

Lewer 4 porsies

Bestanddele

1 x 170 g blik-tuna in water, gedreineer

1 x 410 g-blik Rhodes Quality suikermielies

180 ml (⅓ k) bevrore ertjies, afgespoel

250 ml (1 k) volkoringmeel

2,5 ml (½ t) bakpoeier

2 Nulaid eiers, geklits

30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie

1,2 ml (¼ t) sout

15 ml (1 e) suurlemoensap

swartpeper na smaak

30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie vir braai

Metode

1. Plaas al die bestanddele, behalwe die olie, in ’n groot mengbak. Roer tot goed gemeng.

2. Verhit die helfte van die olie olie oor matige hitte in ’n braaipan. Braai lepelsvol van die beslag op beide kante tot goudbruin en gaar.

3. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Herhaal met die orige beslag en olie, indien nodig.

4. Sit voor as deel van ’n kosblik met slaaibestanddele.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This