Lensie-en-bonekoekies
Hierdie lensie-en-bonekoekies is altyd gewild en heerlik met die jogurt en kruisement. Die resep is baie veelsydig, want dit kan vir ‘n ligte aandete, kosblik of selfs as peuselhappies geniet word. Sit die verskillende elemente in ‘n groot slaaiblaar voor of draai dit daarin toe, as jy probeer om minder brood te eet. Dis ‘n heerlike vleislose ete, maar steeds voedsaam en vullend, want die peule is beide ‘n bron van stysel en proteïen. Geniet die happies met enige slaaibestanddele van jou keuse.
Lewer 15-20 koekies
125 ml (½ k) gaar bruin lensies (sien wenke)
1 x 410 g-blik botterbone, gedreineer
1 ui, fyngekap
2 eiers
75 ml (5 e) volkoringmeel
1 wortel, gerasper
15 ml (1 e) tamatiesous
2,5 ml (½ t) bakpoeier
15 ml (1 e) suurlemoensap
10 ml (2 t) gedroogde gemengde kruie
7,5 ml (½ e) gemaalde koljander
2,5 ml (½ t) sout
swartpeper na smaak
15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
1. Druk lensies en bone met ‘n vurk of aartappeldrukker fyn. Meng met die res van die bestanddele, behalwe die olie.
2. Verhit ’n bietjie van die olie oor matige hitte in ‘n groot braaipan. Skep sowat 60 ml van die mengsel per koekie in die braaipan.
3. Braai tot dit bo-op begin stol, draai om en braai tot goudbruin en gaar. Herhaal met die orige olie en mengsel.
4. Sit voor as deel van ‘n kosblik met slaaibestanddele en vrugte en jogurt gegeur met gesnipperde kruisementblare.
Roer ‘n paar gesnipperde vars kruisementblare by 125 ml ongegeude jogurt en gebruik as ‘n doopsous vir die koekies en ander slaaibestanddele.
1. Geblikte lensies kan gebruik word, of lensies wat jy self gekook het, hetsy spesiaal vir die resep of gebruik lensies wat dalk oorgebly het van ‘n vorige ete. Bruin lensies hoef nie geweek te word nie en kook sowat 30-35 minute. Kook rou lensies soos rys en gebruik 625 ml water vir elke 250 ml rou lensies.
2. Voeg ‘n knippie neutmuskaat, kerripoeier of gekapte vars kruie van jou keuse by die mengsel.
3. Gebruik gerasperde appel in plaas van die wortel, as nog ‘n manier om ‘n natuurlike soet smaak aan die koekies te gee.
We love lentils.. So once a week we will have curry lentils with rice or Bulgar Wheat and a veg ot a salad.. Definitely going to do this lentil recioe and the yogurt dio for summer..
Hi Anna, thanks so much for your lovely feedback about the recipe. Yes, lentils are so versatile to use in a range of delicious recipes. I hope you will enjoy some of the other lentil recipes on my website soon.
Hi Heleen, sal beslis die lensie en bonekoekies probeer. Ons hou baie van lensies en gebruik gereeld lensies en kekerertjies in ons etes. Baie dankie vir die heerlike resepte en wenke.
Heleen kan jy n resep gee vir n “ upside down cake” asb