Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Spinasie-en-mieliebakkies

Jul 18, 2016 | Kosblik 101 / Lunch boxes

Resepte

Spinasie-en-mieliebakkies

Resep aangepas Cooking from the heart.

Lewer 12 bakkies

Eier is ‘n wonderlike proteïen en so veelsydig om deel te maak van verskillende maaltye van die dag. In hierdie kosblik, is dit deel van die mieliebakkies, lekker gesond en vullend. Die muffin-grootte happies is maklik om in te pak en te hanteer, so perfek as deel van ‘n gesonde kosblik.

Bestanddele

1 x 410 g-blik geroomde suikermielies

4 eiers, geklits

3 groot spinasieblare of 2-3 handevol babaspinasie, grof geskeur

100 ml koekmeel

15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie

5 ml (1 t) paprika

1,2 ml (¼ tsp) sout

suurlemoensap en swartpeper na smaak

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n muffinpan liggies met olie.

2. Meng al die bestanddele in ‘n groot bak saam tot goed gemeng. Geur na smaak met suurlemoensap en peper.

3. Skep mengsel in muffinpan en sprinkel ekstra paprika oor. Bak 20 minute of tot gestol en gaar. Skep uit die pan en laat afkoel.

Wenke

1. Geniet die bakkies warm of teen kamertemperatuur.

2. Strooi sesamsaad oor voor dit gebak word.

3. Hierdie resep is ook lekker vir ‘n ontbyt-idee.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This