Geroosterde-broccoli-blomkoolslaai

Blomkool en broccoli het in die laaste paar jaar vinnig op die groente-gewildheidsleer geklim. Die twee groentes is lankal nie meer net vir ’n kaassous beskore nie en deesdae kry jy baie interessante maniere om dit voor te sit. Hierdie is beslis in my kombuis ’n gunsteling. Dis so maklik om te maak en as jy nog nie voorheen geroosterde blomkool en broccoli geproe het nie, moet jy dit beslis probeer.
Beide groentes kry ’n lekker neuterige smaak as dit gerooster word en aangesien die twee aan die delikate kant is, rooster dit aansienlik vinniger as harder groente soos botterskorsie, wortels of patats. Die suurlemoensap en komynsade is perfekte pasmaats en met so ’n tuisgemaakte marinade van alledaagse bestanddele weet jy ook presies wat in jou ete ingesluit is. Feta en vars kruisement gee die groente in ’n opwindende en vars slaai-gevoel en met die kekerertjies wat bygeroer word, is dit sommer ook ’n volledige vegetariese maaltyd of aandete vir ’n vleislose (Maan)dag.
Moenie die voedingswaarde van broccoli en blomkool onderskat nie – dis ’n baie goeie bron van vitamiene en minerale en ook veselryk. Dis veral belangrik dat die groente nie oorgaar moet wees nie, want dan gaan heelwat van die gesonde voordele maklik verlore. Die twee groentes is ook ’n wonderlike alternatief vir meer tipiese ‘wit’ stysels soos rys, pasta of kapokaartappels om saam met vleis, hoender of vis te eet. Deur kekerertjies by te voeg, is die slaai beslis vullender, aangesien kekerertjies ’n bron van veselryke stysel en ook proteïene is. Die slaai sal jou dus langer versadig hou as wanneer dit byvoorbeeld net die twee groentes sou wees.
Lewer 4 – 6 porsies
300 g blomkool, in blommetjies gesny
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
suurlemoensap en swartpeper na smaak
10 ml (2 t) komynsaad of 15 ml (1 e) gemaalde komyn
60 ml (¼ k) Rooibostee
1 x 410 g-blik kekerertjies, gedreineer
handvol vars kruisement of roketblare
1 skyf fetakaas, gekrummel
’n handvol sonneblomsaad
2. Skep groente in ’n groot oondbak en rooster vir 15–20 minute of tot net gaar. Laat groente afkoel.
3. Roer die kekerertjies en vars kruie by en strooi feta en sonnneblomsaad bo-oor. Sit teen kamertemperartuur as slaai, bygereg of vegetariese ete voor.
2. Voeg repies gaar hoender met die kekerertjies by om dit ’n meer vullende ete te maak.
3. Gekapte brandrissie of ander geurmiddels soos paprika of borrie sal lekker wees saam met die ander speserye in die gereg.