Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Kleurvolle boneslaai met ’n Meksikaanse geur/Colourful bean salad with Mexican flavours

Mar 5, 2024 | Salad as a side, Sides & salads

Resep (Afrikaans)

Kleurvolle boneslaai met ’n Meksikaanse geur

Dié slaai is altyd vir mense ’n verrassing, want die slaaisous gee dit ’n interessante kinkel. Geniet die slaai as bygereg of ligte vegetariese ete.

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele

Slaaisous

60 ml (¼ k) olyfolie

15 ml (1 e) rooiwynasyn

30 ml (2 e) suurlemoensap

5 ml (1 t) gemaalde komyn

2,5 ml (½ t) gewone paprika

30 ml (2 e) elk gekapte vars koljanderblare en kruisement

swartpeper na smaak

 

Slaai

375 ml (1½ k) bevrore heelpitmielies, afgespoel (sien wenke) of 1 x 410 g-blik mieliepitte, gedreineer

1 x 410 g-blik rooi nierbone, gedreineer

150 g kersietamaties, in kwarte gesny

½ komkommer, in blokkies gesny

2 sprietuie, gekap

1 skyf (ongeveer 70 g) feta, in blokkies gesny

’n groot handvol elk vars koljander- en kruisementblare

50 g liggies gesoute nachos (droë mielieskyfies), grof gebreek (sien wenke)

Metode
  1. Slaaisous: Klits al die slaaisousbestanddele saam en geur na smaak.
  2. Slaai: Plaas al die slaaibestanddele, behalwe die kruie en mielieskyfies, in ’n groot mengbak. Skink helfte van die slaaisous oor en meng liggies deur.
  3. Roer die kruie deur, net voor die slaai voorgesit word. Sprinkel die mielieskyfies oor en sit dadelik met die orige slaaisous voor.
Wenke
  1. Gebruik 2-3 vars mielies, in plaas van bevrore of geblikte pitte. Kook dit in ’n bietjie water tot net gaar, sny die pitte van die stronk en gebruik soos hierbo.
  2. Onthou, nachos is baie sout in smaak, so moenie te veel gebruik nie – dis net vir ’n bietjie ekstra tekstuur in die slaai. Of rooster ’n groot handvol pampoensade in ’n warm pan tot goudbruin en gebruik as alternatief.
  3. Wanner avokado’s in seisoen is, is dit heerlik in dié slaai. Sny ’n avokado in blokkies en roer net voor dit voorgesit word, by.

Recipe (English)

Colourful bean salad with Mexican flavours

This salad is always such a surprise for people because the dressing gives it a truly unique twist. Enjoy the salad as a side dish or a light vegetarian meal.

Serves 4 – 6

Ingredients

Salad dressing

60 ml (¼ cup) olive oil

15 ml (1 tbsp) red wine vinegar

30 ml (2 tbsp) lemon juice

5 ml (1 tsp) ground cumin

2,5 ml (½ tsp) ordinary paprika

30 ml (2 tbsp) each chopped fresh coriander and mint

salt and pepper, to taste

 

Salad

375 ml (1½ cup) frozen corn kernels, drained (see tips) or
1 x 410 g-tin corn kernels, drained

1 x 410 g tin red kidney beans, drained

150 g cherry tomatoes, cut in quarters

½ cucumber, cubed

2 spring onion, chopped

1 slice of feta (about 70 g), cubed

a large handful each coriander and mint leaves

50 g lightly salted tortilla chips (nachos), roughly broken (see tips)

Method

  1. Salad dressing: Mix all the ingredients and season to taste.
  2. Salad: Place all the salad ingredients, except the herbs and chips in a large mixing bowl. Pour half of the dressing over the salad and toss lightly.
  3. Mix in the herbs just before serving. Sprinkle over the nachos and serve with the remaining salad dressing.

Tips

  1. Use 2-3 fresh mealies instead of the frozen or tinned corn. Simmer in a small amount of water until just cooked and cut the kernels from the cobs.
  2. Remember, nachos are very salty, so don’t use a lot of them – it just adds a bit of texture to this salad. Alternatively, toast a large handful of pumpkin seeds in a large pan, until golden brown and use it instead.
  3. When in season, avocados will be delicious in this salad. Cut avocados into cubes and gently stir in or sprinkle on top as garnish.

Hierdie Kleurvolle boneslaai was deel van ‘n kos-artikel in LiG Tydskrif, Herfs 2024.
Foto by Adel Ferreira Photography.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This