Kleurvolle boneslaai met ’n Meksikaanse geur/Colourful bean salad with Mexican flavours
Dié slaai is altyd vir mense ’n verrassing, want die slaaisous gee dit ’n interessante kinkel. Geniet die slaai as bygereg of ligte vegetariese ete.
Dié slaai is altyd vir mense ’n verrassing, want die slaaisous gee dit ’n interessante kinkel. Geniet die slaai as bygereg of ligte vegetariese ete.
In die lente- en somermaande pryk daar meer gereeld slaaie op ons tafels en dit hoef beslis nie net blare, tamatie en komkommer te wees nie. Wees kreatief met bestanddele en die manier waarop die slaai voorgesit word. Gebruik dié tabel as riglyn.
’n Kleurvolle kombinasie van slaaibestanddele met botterbone as die proteïen. Die geure van die tuisgemaakte slaaisous is heerlik met die bone. Moenie in die versoeking kom om die slaai saam met brood te eet nie, want dis vullend genoeg soos dit is. Enige oorskiet-slaai is perfek vir ’n kosblik.
’n Gewone wortelslaai sal nooit weer dieselfde wees as jy eers hierdie weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Die slaaisous is gesonder as die tradisionele mayonnaise-sous en tog so lekker. Dit kan vir ander slaaie ook gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte, soos appels en druiwe of groente soos groenboontjies en broccoli. Dit pas by die gemmer en sojasous-mengsel. Onthou dat sojasous baie sout bevat, so maak seker jy het ’n ligte southand.
Slaai het deesdae ’n heeltemal nuwe betekenis en hoef lankal nie meer net blaarslaai met komkommer, tamatie en wortelrepies te wees nie. Slaaie kan ’n ete op hul eie wees of die fokuspunt van ’n eenvoudige ete. Wissel soms die bestanddele af vir ’n vinnige nuwe idee. Vrugte is ’n wonderlike bestanddeel in ’n slaai en saam met ’n paar ander vars elemente is hierdie ’n delikate, maar besondere smaaksensasie.