Pangebraaide groente met eier

Pangebraaide groente met eier

Soteer groente soos sampioene, boontjies, murgpampoentjies en ertjies is blitsvinnig in ’n pan en geur dit met korrelmosterd en kruisement vir ’n spesiale ete. Die eier maak dit lekker vullend en dis ’n ete wat perfek is vir enige tyd van die dag.

Marokkaanse koeskoes

Marokkaanse koeskoes

Kyk net al die K’s: komyn, ’n tikkie kaneel, koljanderblare, kruisement en koeskoes – wat ’n wonderlike kombinasie. Die Marokkaanse geure is perfek saam met die andersins neutrale smaak van koeskoes en dis so ’n maklike bygereg om te maak. Dit kan net so met geroosterde vis, hoender of vleis voorgesit word en koeskoes kan ook ’n souserige gereg heerlik absorbeer.
In dié resep word ui en botterskorsie met my gunsteling-spesery, komyn, in die oond gerooster en dan met geroosterde amandels en vars kruie gebruik om die koeskoes te geur. Kruisement- en koljanderblare is perfekte pasmaats vir die speserye en ander bestanddele. Die verskillende bestanddele gee die bygereg ook ’n interessante tekstuur. Hierdie weergawe kan maklik vooraf berei word, maar voeg die kruie en amandels by net voor dit voorgesit word.

Oosterse wortelslaai

Oosterse wortelslaai

’n Gewone wortelslaai sal nooit weer dieselfde wees as jy eers hierdie weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Die slaaisous is gesonder as die tradisionele mayonnaise-sous en tog so lekker. Dit kan vir ander slaaie ook gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte, soos appels en druiwe of groente soos groenboontjies en broccoli. Dit pas by die gemmer en sojasous-mengsel. Onthou dat sojasous baie sout bevat, so maak seker jy het ’n ligte southand.

Bros mieliemeel-tortillas

Bros mieliemeel-tortillas

Die einde van die jaar is om die draai en daarmee saam, word die dae warmer. Ligter etes met somerslaaibestanddele en vars produkte is nou ook meer gereeld op ons tafels. Daar is soveel om van te kies en omdat seisonale vars goed so geurig is en dikwels mekaar se geure op jou bord komplimenteer, hoef jy nie veel daarmee te doen, om lekker te kan eet nie. Om solank ’n paar idees vir die vakansietyd bymekaar te maak, kan ook nie skade doen nie.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest