Slaai met bone & kruie

Slaai met bone & kruie

’n Kleurvolle kombinasie van slaaibestanddele met botterbone as die proteïen. Die geure van die tuisgemaakte slaaisous is heerlik met die bone. Moenie in die versoeking kom om die slaai saam met brood te eet nie, want dis vullend genoeg soos dit is. Enige oorskiet-slaai is perfek vir ’n kosblik.

Dik boontjiesop

Dik boontjiesop

Boontjiesop is pure Suid-Afrikaanse kos. ’n Stomende bakkie sop vir die winter is genoeg om hart en siel (en jou maag) te vul. Dit verg so bietjie beplanning om die boontjies eers te week, maar die geurigheid van die sop is absoluut die moeite werd. Dis ’n eenvoudige kombinasie van bekende bestanddele, ‘n maaltyd op sy eie en regtig vullend.

Spinasie-gereg met bone

Spinasie-gereg met bone

Met die regte kombinasie van bestanddele en ’n effektiewe gaarmaakmetode, kan jy ’n paar bekende en redelik basiese bestanddele, maklik in ‘n feesmaal omskep. Botterbone, tamaties en spinasie kry ’n nuwe geurejas as dit so bietjie gesoteer word en ’n balsamiese geur bykry.
Op 14 November is dit Wêreld Diabetes-dag en vir die hele maand lê die klem op die koskeuses en leefstyl wat dit vir diabete en hul gesinne makliker maak om die simptome van diabetes te bestuur. Die fokus vir diabete, om hul bloedsuikervlakke te bestuur, is eintlik soos ons almal behoort te eet. Kies kossoorte wat voedsaam is, jou lank genoeg versadig gaan hou en nie kosse is wat jou bloedsuikervlakke te vinnig laat styg en weer laat val nie. Wanneer jou bloedsuikervlakke te veel wissel, is mens geneig om heeltyd honger of peuselrig te voel.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest