Gesonde peuselhappies vir kinders
Mieliemeelmuffins, ’n knibbelhappie met appel, klapper en neute of dalk groentekebabs – dis alles peuselkos waarvan my kinders baie hou. As ek met lekker en gesonde peuselgoed hul eksamentyd so bietjie makliker kan maak, dan doen ek dit met liefde. ’n Mens voel mos dikwels lus vir iets om te eet as jy vir lang tye moet sit en swot. Die idees is natuurlik ook perfek vir die hele gesin se kosblikke en vir padkos.
Franse roosterbrood
Franse roosterbrood is ’n bekende ontbyt idee, maar dis ewe lekker as ligte ete en boonop kan jy byna enige iets as bolaag daarop eet. Hier is my resep vir dié gereg, met drie idees om dit mee voor te sit: pangebraaide sampioene met maaskaas en roket of kaas, tamatie en vars kruie. En as jy van ’n soeter smakie hou, is daar vars pere met heuning, kaneel en neute.
Vrugtepakkies met kaneel
Ons Suid-Afrikaners is lief vir braai en iets soets daarby is somtyds lekker. Die vrugtepakkie-resep is perfek om te maak, want dit kan na die braaivleis vinnig op die rooster in foelie gemaak word. Kies self die vrugtekombinasie na die gelang van die seisoen en geur met die kaneel, heuning, suurlemoennsap en botter. Dit kan bedien word met ‘n skep ongegeurde jogurt of ‘n happie roomys. Die resep sal beslis almal beÏndruk en dis so maklik om te maak dat elkeen hul eie pakkie kan “bou”.
Pink Lady® apple with Rooibos yoghurt
The crunchy, sweet taste of Pink Lady® Apples perfectly balances with the creamy yoghurt and flavour of the cinnamon. Shop-bought flavoured yoghurt is often high in sugar and hidden ingredients like preservatives, so flavouring your own yoghurt at home is much healthier. Rooibos tea and apples are a lovely combination and the naturally sweet flavour of Pink Lady® Apples in this recipe is out of this world!
Chia seed & coconut puddings with JAZZ™ Apples
Chia seeds have become quite a popular ingredient lately. These little black seeds swell out when exposed to moisture and will set liquid to a jelly-like consistency. Added to that chia seeds have many health benefits, ranging from a high protein and fibre content to lots of vitamins, minerals and anti-oxidants. Add it to smoothies or sprinkle over breakfast to enjoy them as part of a healthy meal or used in a dessert, like in this recipe. The combination of coconut milk and vanilla is delicious or try it with cinnamon, it’s as yummy with the apples (see the tips). This is such an easy dessert to make and the crunchy, sweet ‘apple spoons’ are perfect with the toasted toppings.
Romerige appelkoosnagereg
Die somer maak jou vrugtemandjie tot boordens toe vol. Daar’s ‘n kleurvolle verskeidenheid en steenvrugte bring die sonskyn sommer op baie maniere tafel toe. Dit is waarop LiG Tydskrif se Februarie artikel fokus.
Geniet die vrugte nét so of gebruik dit in slaaie of nageregte. As die vrugte oorryp word, kan jy ’n puree daarmee maak om te vries of gebruik vir hierdie heerlike nagereg.
Pavlova met suurlemoensmeer
Aarbeie, appelliefies, bloubessies en frambose… die mooi kleure is al genoeg om ’n feestelike atmosfeer te skep. Laat dit jou dié somer inspireer om kreatief te wees met hierdie gesonde vruggies.
Pink Lady® Apple & date balls
These apple and date balls are perfect for lunch boxes, as a treat or mid-afternoon snack. The almonds and oats make them quite filling and the dates and apples add a delicious sweet flavour.
Pangebraaide perskes met ricotta
Pangebraaide perskes met ricotta Resep uit Kos is op die tafel Lewer 6 – 8 porsies 20 minute Bestanddele 30-50 g gevlokte amandels 6-8 ferm, ryp geel taaipitperskes, gehalveer en ontpit 30 ml botter 60 ml heuning 7,5 ml gemaalde kaneel 50 ml nartjie- of lemoenlikeur,...









