Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Pangebraaide perskes met ricotta

May 12, 2017 | Desserts, sweet treats & baking, Fruit, Hot dessert

Pangebraaide perskes met ricotta

Resep uit Kos is op die tafel
Lewer 6 – 8 porsies
20 minute

Bestanddele

30-50 g gevlokte amandels

6-8 ferm, ryp geel taaipitperskes, gehalveer en ontpit

30 ml botter

60 ml heuning

7,5 ml gemaalde kaneel

50 ml nartjie- of lemoenlikeur, lemoensap of verjuice

250 g ricottakaas

Metode

1. Verhit ’n groot braaipan (bv. AMC 24 cm Chef’s Pan)  oor matige hitte, rooster die amandels vir ’n paar minute en skud die pan gereeld. Wees versigtig, dit is ’n vinnige proses. Skep uit en hou eenkant.

2. Sit die pan terug op die plaat en pak die perskes, gesnyde kant na onder, in die pan. Braai ’n paar minute tot die perskes liggies goudbruin is. (Braai dit in ’n bietjie van die botter, as jy bang is dit brand, maar verlaag hitte, indien die botter te donker word.)

3. Roer die botter by en verlaag hitte. Voeg die heuning, kaneel en likeur of sap by en meng om die perskes daarmee te bedek.

4. Prut perskes 2-3 minute, met die deksel, of tot dit net begin sag word en deurwarm is, maar steeds hul vorm behou.

5. Skep die perskes uit. Skep lepelsvol kaas in elke helfte, bedruip met van die sous en sprinkel die neute oor. Sit dadelik voor.

Wenke

1. Die ricottakaas maak hierdie ’n baie gesonde nagereg, maar dit kan met enige suiwelproduk van jou keuse, soos room, roomys, Griekse of ongegeurde jogurt voorgesit word. Selfs crème fraîche of mascarponekaas sal heerlik wees.

2. Vervang perskes met ryp vye of met pere, in die skil, in die winter.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This