Gesonde peuselhappies vir kinders
Mieliemeelmuffins, ’n knibbelhappie met appel, klapper en neute of dalk groentekebabs – dis alles peuselkos waarvan my kinders baie hou. As ek met lekker en gesonde peuselgoed hul eksamentyd so bietjie makliker kan maak, dan doen ek dit met liefde. ’n Mens voel mos dikwels lus vir iets om te eet as jy vir lang tye moet sit en swot. Die idees is natuurlik ook perfek vir die hele gesin se kosblikke of vir padkos.
Almal hou van peusel, maar as jy dit so gesond en voedsaam as moontlik kan maak, is dit beslis ’n beter keuse. Hoe minder suiker en verfynde produkte ons eet, hoe beter is ons almal se energievlakke en konsentrasie en dis beslis iets wat in die eksamentyd belangrik is. Peuselkos wat ’n mens langer laat vol voel, beteken ook dat jy minder gereeld sal eet.
Hierdie maklike appelballetjies was oorspronklik met JOYA® appels gemaak, maar wanneer dit nie in seisoen is nie, kan enige soet pienk of rooi appel net so goed werk. Die appels se natuurlike soet smaak beteken dat daar geen bygevoegde suiker in die happie nodig is nie – maak net seker dat die grondboontjiebotter wat jy koop, nie bygevoegde suiker of sout bevat nie. Die sappigheid van die appels is genoeg om die res van die bestanddele saam te bind, sodat dit amper soos koekiedeeg lyk. Onthou ook dat die appels met die skil aan gerasper word. Na dit in balletjies gerol is, kan jy besluit of jy dit net so wil geniet of dalk in nog iets rol. Daar is verskillende opsies in die resep en almal is ewe lekker, bv. goeie gehalte kakao, kakaoboon-splinters of geroosterde klapper.
Resepte
30 ml (2 e) goeie kwaliteit kakao
60 ml (¼ k) klapper
10 ml (2 t) vanieljegeursel
90 ml (6 e) grondboontjiebotter
2 middelslag JOYA® Appels
Om af te rond:
30 ml (2 e) kakaoboon-splinters (cacao nibs), fyner gekneus (sien wenke)
30 ml (2 e) klapper, gerooster
30 ml (2 e) goeie kwaliteit kakao
2. Voeg die kakao, klapper, vanielje en grondboontjiebotter by en meng deeglik saam.
3. Rasper die appels grof, met die skil, en voeg dit by die mengsel. Meng tot dit saam bind en soos ‘koekiedeeg’ lyk.
4. Rol klein hoeveelhede van die mengsel in die palm van jou hande in klein balletjies.
5. Om af te rond: rol die balletjies in die kakaoboon-splinters, klapper of kakao.
6. Hou in die yskas vir 2-3 dae. Geniet as peuselhappies en pak dit in die gesin se kosblikke vir ’n soet bederf.
2. Kakaoboon-splinters (cacao nibs) is by gesondheids- of spesialiteitswinkels beskikbaar. Breek die splinters fyner met ’n stamper en vysel of sit ’n paar in ’n stewige plastieksakkie en rol met ’n rolstok fyner.
Lewer 12 – 15 muffins
10 ml (2 t) bakpoeier
250 ml (1 k) steengemaalde volkoringmeel
2,5 ml (½ t) paprika of cayenne-peper, na smaak
2,5 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) karringmelk
3 ekstra-groot Nulaid eiers, geklits
60 ml (¼ k) sonneblomolie
1 x 410 g-blik geroomde suikermielies
45 ml (3 e) sonneblomsaad
nog paprika om bo-op te strooi
2. Plaas die droë bestanddele in ’n mengbak.
3. Klits die karringmelk, eiers en olie saam. Voeg dit by die droë bestanddele en meng met die suikermielies goed deur.
4. Verdeel die beslag tussen die muffinholtes en strooi sonneblomsaad en ekstra paprika oor. Bak vir 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
5. Laat dit vir ’n paar minute in die pan afkoel en keer dan op ’n afkoelrakkie uit.
6. Die muffins is ’n heerlike peuselhappie of pak dit in as deel van ’n kosblik.
2. Die muffinbeslag kan ook in klein broodpannetjies gebak word.