Hummus met ’n Griekse slaai-bolaag / Hummus loaded with Greek salad

Hummus met ’n Griekse slaai-bolaag / Hummus loaded with Greek salad

Hummus (of hoemoes gespel en as ‘goemoes’ uitgespreek) is ’n bekende Griekse kekerertjie-‘patee’. Die veelsydige happie is heerlik om op soveel verskillende maniere te gebruik. Dis deesdae baie gewild en oral in supermarkte beskikbaar, maar min kan egter by ’n tuisgemaakte bakkie van dié gesonde lekkerte kersvashou.

This well-known, yet simple Middle Eastern chickpea condiment is super versatile and equally healthy – definitely more than just a dip for veggies. A good dollop of this oh-so-creamy, thick spread is divine on warm strips of pita, ciabatta or wholewheat toast. It’s typically combined with lamb or falafels in a pita or wrap, with fresh salad ingredients like cucumber, cabbage and tomato. What is your favourite way to enjoy hummus?

Kekerertjies in ’n Marokkaanse sous

Kekerertjies in ’n Marokkaanse sous

Met kekerertjies kan jy my in ’n wip vang! En as daar nog eiervrug ook by is, is ek nog meer opgewonde. Hierdie aromatiese tamatiesous met speserye is die perfekte basis vir beide dié bestanddele en dis ewe lekker om warm of teen kamertemperatuur te eet.

Appelslaai met kekerertjies & dukkah

Appelslaai met kekerertjies & dukkah

Dukkah en kekerertjies met sappige appels, ’n paar kruieblare en saggekookte eiers is ’n lenteslaai uit die boonste rakke. Een van die lekkertes van hierdie tyd van die jaar, is dat daar wonderlike vars produkte is om mee kreatief te wees. Met net ’n paar bestanddele en ’n interessante geurmiddel kan jy met min moeite ’n ete gereed hê.

Geroosterde kekerertjies met speserye

Geroosterde kekerertjies met speserye

’n Eenvoudige speserymengsel met ’n skeut suurlemoensap en olie is perfek om kekerertjies in ’n opwindende element te omskep. Die kekerertjies word in dié mengsel gerooster tot dit bros is en dan is dit sommer ekstra veelsydig. Vegetariese etes gebruik gereeld kekerertjies, aangesien dit ’n goeie bron van proteïen en koolhidrate is. Dit het ook die vermoë om ander geure wonderlik te absorbeer en juis daarom is die resep so ideaal.

Geroosterde-broccoli-blomkoolslaai

Geroosterde-broccoli-blomkoolslaai

Blomkool en broccoli het in die laaste paar jaar vinnig op die groente-gewildheidsleer geklim. Die twee groentes is lankal nie meer net vir ’n kaassous beskore nie en deesdae kry jy baie interessante maniere om dit voor te sit. Hierdie is beslis in my kombuis ’n gunsteling. Dis so maklik om te maak en as jy nog nie voorheen geroosterde blomkool en broccoli geproe het nie, moet jy dit beslis probeer.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest