Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Mieliepap in die oond

Apr 11, 2024 | Baking, Sides & salads, Starchy side

Resep

Mieliepap in die oond

’n Ongelooflike maklike gereg om met wors of braaivleis voor te sit. Alles word in die oondbak saam gemeng en dan gebak. Selfs dié wat nie eintlik van mieliepap met braaivleis hou nie, geniet die bygereg.

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele

750 ml (3 k) growwe mieliemeel

625 ml (2½ k) melk

625 ml (2½ k) water

80 ml (⅓ k) olyfolie

1 x 410 g blik suikermielies

sout en swartpeper na smaak

½ klein ui, gehalveer en in dun wiggies gesny

8-10 knopiesampioene, in kwarte gesny (opsioneel)

10-12 takkies vars tiemie

Metode
  1. Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n vlak oondvaste bak liggies met olyfolie. ’n Bak van sowat 30 x 23 x 5 cm in ’n lekker grootte. (Onthou, hoe dieper die oondbak, hoe langer neem die gereg om gaar te word.)
  2. Roer die meel, melk, water, olie en suikermielies in die oondbak saam en geur na smaak. Roer weer deur, sodat die mielies eweredig deur die mengsel versprei is.
  3. Strooi ui en sampioene oral oor die mengsel, maar moenie weer roer nie. Sprinkel tiemie oor.
  4. Bak vir 45-60 min of tot die meel gaar en die gereg goudbruin bo-op is.

Wenk

  1. Vir nog maklike resepte met mielies, maak hierdie Maklike mieliesop of hierdie Mielies aan die stronk – 3 maniere.

Hierdie Mieliepap in die oond was deel van ‘n kos-artikel in LiG Tydskrif, Herfs 2024.
Foto by Adel Ferreira Photography.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This