
Mieliepap in die oond
’n Ongelooflike maklike gereg om met wors of braaivleis voor te sit. Selfs dié wat nie eintlik van mieliepap met braaivleis hou nie, geniet die bygereg.
’n Ongelooflike maklike gereg om met wors of braaivleis voor te sit. Selfs dié wat nie eintlik van mieliepap met braaivleis hou nie, geniet die bygereg.
Het jy ook met pap as ’n stysel vir etes grootgeword? Veral met braaivleis of wors en sous? Ek is dol daaroor, maar ander kan glad nie verstaan dat ’n mens hieroor opgewonde kan raak nie. Daar is ook verskillende maniere waarop liefhebbers daarvan hou – fyn krummels, loperig, in groot, sagte klonte of dan soos hier in ’n paptert-styl gebak.