Mieliepap met tamatiesmoor

Mieliepap met tamatiesmoor

Mieliepap met ’n tamatiesmoor en wors bly ’n wonderlike ete. Sit ’n paar sampioen-kebabs daarby en jy het ’n smullekker ete. En as jy ’n growwe mieliemeel gebruik, is die pap selfs nog lekkerder. Hoe hou julle van mieliepap? Fyn krummels, met groot klonte of ’n meer loperige tekstuur (slap-pap)?

Romerige mieliepap met geroosterde groente

Romerige mieliepap met geroosterde groente

Mieliepap – wat is die herinnering wat dit by jou oproep? Ek het daarmee groot geword en is baie lief daarvoor, en beslis meer as bygereg met braaivleis, as vir ontbyt. Maar die moontlike maniere om dit voor te sit, strek baie verder as net met braaivleis. Hoe klink geroosterde groente met kaas, neute, kruie en olyfolie op romerige mieliemeel? Dis ewe lekker as laat-ontbyt of vegetariese ete.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest