Kleurvolle groente-kebabs
Hierdie groente-kebabs is so maklik om te maak en groente wat oor die kole gerooster is, is mos maar net altyd ekstra spesiaal. Met die kombinasie van olyfolie, suurlemoensap en vars kruie kan jy ook nie ‘n fout maak nie.
Hierdie groente-kebabs is so maklik om te maak en groente wat oor die kole gerooster is, is mos maar net altyd ekstra spesiaal. Met die kombinasie van olyfolie, suurlemoensap en vars kruie kan jy ook nie ‘n fout maak nie.
Phyllo parcels with a filling of spinach and feta are a very popular Greek dish and utterly delicious. Whether you plan to serve it as a starter, snack or as part of a festive table, be ready for the oo’s and aa’s from your guests. Click for the English and Afrikaans recipes.
Stiekie-bees met gegeurde rys – dis wegneemkos uit jou eie kombuis en in ‘n ‘kits’ gereed. Die smullekker soet-suur geur met vars gemmer en ‘n bietjie byt is perfek saam met die geurige rys. Die sesamsaad en spinasieblare in die rys is ‘n lekker verrassing en maak van die ete ‘n maaltyd-in-‘n-bakkie.
Het jy al self ‘butter chicken’ gemaak? Die aromatiese hoendergereg is watertand-lekker en baie makliker om voor te berei as wat jy dalk gedink het. Dit vra net so bietjie beplanning, want al wat jy moet onthou is om die hoender vooraf vir ’n uur of twee te marineer – dit gee die beste geur. Die res word in drie vinnige stappe gedoen.
Tuna is so veelsydig en hierdie vinnige eenpotgereg is propvol wintergeure en perfek om sommer uit ’n bakkie te eet. Daar is genoeg stysel in die gereg, so sit dit net so voor vir ‘n vullende ete.