Groenboontjies met amandels

Groenboontjies met amandels

Ek het nog nooit van daardie outydse gereg van boontjies-aartappels-en-uie wat saamgekook is, gehou nie! Altwee my oumas het dit gemaak en alhoewel party familie dol was daaroor, het ek maar langtand geëet. Groenboontjies is nou een van my gunstelinggroente, maar wel op ’n heel ander manier voorberei.
Groenboontjies met amandels is heerlik en makliker kan dit amper nie – soteer sampioene en boontjies vinnig in ’n pan, geur dit met balsamiese asyn en rond met geroosterde amandels af.

Pangebraaide vis met drie groentes

Pangebraaide vis met drie groentes

Vis is ’n wonderlike vorm van proteïen – dis nie net gesond nie, maar ook maklik en vinnig om voor te berei. En tog is mense soms huiwerig om dit self gaar te maak. Geroosterde of gebraaide vis word dikwels in ’n degie voorberei, maar dan ook in diepvet gebraai. Hierdie resep gebruik dieselfde beginsel, om repies vis in ’n gegeurde meelmengsel te doop, maar dan word dit in net ’n dun lagie olie in ’n pan gebraai tot dit gaar, maar steeds sappig is. Die buitenste korsie is dus bros en geurig, maar daar is heelwat minder olie ter sprake. Om ’n vinnige gesinsete te kan voorsit, word die groente sommer in dieselfde pan gebraai.

Franse roosterbrood

Franse roosterbrood

Franse roosterbrood is ’n bekende ontbyt idee, maar dis ewe lekker as ligte ete en boonop kan jy byna enige iets as bolaag daarop eet. Hier is my resep vir dié gereg, met drie idees om dit mee voor te sit: pangebraaide sampioene met maaskaas en roket of kaas, tamatie en vars kruie. En as jy van ’n soeter smakie hou, is daar vars pere met heuning, kaneel en neute.

Eier-pizza met maalvleis

Eier-pizza met maalvleis

Eiers, maalvleis, gerasperde kaas en vars tiemie is amper al wat nodig is vir hierdie lekker ete. Die eier word as basis vir ’n pizza-idee gaargemaak en dan word die maalvleis en kaas as bolaag gebruik. En wat is dan nou lekkerder as om Wêreld Eierdag hiermee te vier. Dis wel ook Nasionale Sampioendag, so as daar sampioene in die slaai saam met die eier-pizza is, het jy ’n wonderlike maaltyd wat wag

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest