by Heleen Meyer | Sep 21, 2018 | Sides & salads, Starchy side
Mieliepap met ’n tamatiesmoor en wors bly ’n wonderlike ete. Sit ’n paar sampioen-kebabs daarby en jy het ’n smullekker ete. En as jy ’n growwe mieliemeel gebruik, is die pap selfs nog lekkerder. Hoe hou julle van mieliepap? Fyn krummels, met groot klonte of ’n meer loperige tekstuur (slap-pap)?
by Heleen Meyer | Sep 14, 2018 | Breakfast, Light meals, Light vegetarian
Mieliepap – wat is die herinnering wat dit by jou oproep? Ek het daarmee groot geword en is baie lief daarvoor, en beslis meer as bygereg met braaivleis, as vir ontbyt. Maar die moontlike maniere om dit voor te sit, strek baie verder as net met braaivleis. Hoe klink geroosterde groente met kaas, neute, kruie en olyfolie op romerige mieliemeel? Dis ewe lekker as laat-ontbyt of vegetariese ete.
by Heleen Meyer | Aug 31, 2018 | Light meals, Mains, Poultry
Blatjanghoender is ’n Suid-Afrikaanse gunsteling en vir baie mense deel van hul kos-erfenis. Met ’n handjievol bekende bestanddele, is dit maklik om dié geurige ete op tafel te hê. Hierdie smullekker weergawe is lekker, maar heelwat gesonder as sommige resepte.
September is nie net bekend as Erfenismaand nie, maar dis ook as Braaimaand. In die volgende drie weke gaan ek ’n paar gunstelinge deel en gesels oor verskillende maniere om dit net so lekker, maar ook gesonder te maak.
by Heleen Meyer | May 4, 2018 | Sides & salads, Starchy side
Het jy ook met pap as ’n stysel vir etes grootgeword? Veral met braaivleis of wors en sous? Ek is dol daaroor, maar ander kan glad nie verstaan dat ’n mens hieroor opgewonde kan raak nie. Daar is ook verskillende maniere waarop liefhebbers daarvan hou – fyn krummels, loperig, in groot, sagte klonte of dan soos hier in ’n paptert-styl gebak.
by Heleen Meyer | Apr 26, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Mains, Meat
Van kleins af, is lasagne hoog op my lys van koesterkos-geregte. As my ma ons wou bederf of wanneer jy kon kies watter gunsteling jy vir jou verjaarsdagete wil hê, was lasagne gereeld eerste genoem. Ja, lasagne bestaan uit lae geurige maalvleis en pasta met ’n kaassous, maar met deesdae se innoverende kosneigings, is dit nie meer die enigste manier waarop dié bekende gereg gemaak kan word nie. Die pasta word dikwels met groente van ’n soort vervang of die maalvleis word selfs hoender, of vis – daar is baie opsies.
Maalvleis, sampioene en spinasie is ’n heerlike kombinasie en ideaal om inderdaad ’n glutenvrye-lasagne mee te maak. En al gebruik jy nie ’n kaassous bo-op nie, is ’n mengsel van karringmelk, kruie en kaas ewe lekker. Onthou, kaassous word tipies met meel gemaak, so dit bevat ook gluten, soos die pasta.