Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Groenboontjies met amandels

Nov 2, 2021 | Sides & salads, Vegetable side

Ek het nog nooit van daardie outydse gereg van boontjies-aartappels-en-uie wat saamgekook is, gehou nie! Altwee my oumas het dit gemaak en alhoewel party familie dol was daaroor, het ek maar langtand geëet. Groenboontjies is nou een van my gunstelinggroente, maar wel op ’n heel ander manier voorberei. Groenboontjies met amandels is heerlik en makliker kan dit amper nie – soteer sampioene en boontjies vinnig in ’n pan, geur dit met balsamiese asyn en rond met geroosterde amandels af.

Resep

​Groenboontjies met amandels

Lewer 4 – 6

Bestanddele

80 ml (⅓ k) gevlokte amandels

30 ml (2 e) olyfolie

250 g bruin sampioene, in skywe gesny

15 ml (1 e) balsamiese asyn

300 g dun groenboontjies

sout en peper

Metode

  1. Verhit ’n groot braaipan oor matige hitte. Rooster die amandels, sonder enige olie, tot goudbruin – hou dit dop, die neute brand maklik. Skep uit en hou eenkant.
  2. Verhit helfte van die olie in dieselfde pan en soteer die sampioene in twee sarsies tot gaar. Skep die sampioene alles in ’n bak, meng die balsamiese asyn deur en hou ook eenkant.
  3. Skink die orige olie in die pan en soteer die groenboontjies tot gaar en steeds heldergroen. Doen dit ook in sarsies as jou pan nie groot genoeg is nie.
  4. Skep die sampioene by die boontjies en meng vinnig deur tot alles warm is. Skep in ’n opdienbord, geur na smaak en strooi die amandels oor.
  5. Sit dadelik as bygereg voor. Dit is veral lekker saam met vis of hoender (soos die resep).

In September – November 2021 was hierdie Groenboontjies met amandels deel van ’n artikel oor kos vir die lente in LiG Tydskrif.
Foto’s: Adel Ferreira Photography.
Foto-agtergronde: Heinstirred backgrounds.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This