by Heleen Meyer | Jul 4, 2025 | Mains, Meat
Stiekie-bees met gegeurde rys – dis wegneemkos uit jou eie kombuis en in ‘n ‘kits’ gereed. Die smullekker soet-suur geur met vars gemmer en ‘n bietjie byt is perfek saam met die geurige rys. Die sesamsaad en spinasieblare in die rys is ‘n lekker verrassing en maak van die ete ‘n maaltyd-in-‘n-bakkie.
by Heleen Meyer | Jun 25, 2025 | Mains, Meat, Poultry
Het jy al self ‘butter chicken’ gemaak? Die aromatiese hoendergereg is watertand-lekker en baie makliker om voor te berei as wat jy dalk gedink het. Dit vra net so bietjie beplanning, want al wat jy moet onthou is om die hoender vooraf vir ’n uur of twee te marineer – dit gee die beste geur. Die res word in drie vinnige stappe gedoen.
by Heleen Meyer | May 28, 2025 | Mains, Meat
Vir baie mense is tamatiebredie sommer net huiskos, maar dit bly ’n spesiale gereg en selfs ideaal om vriende mee te onthaal. For many people a tomato bredie is comfort food, but it remains a special meal and is perfect when entertaining. Click for the English and Afrikaans recipes.
by Heleen Meyer | May 8, 2025 | Sides & salads, Starchy side
Die natuurlike soet smaak van botterskorsie is perfek as bykos – iets waarvoor Suid-Afrikaners baie lief is. Hier is ’n effens ander aanslag, want die stukkies geroosterde suurlemoenskil is ’n heerlike verrassing. Hasselback-styl word oorspronklik met aartappels gedoen, deur hulle in dun skyfies, maar nie regdeur nie, te sny en dan so in ‘waaiers’ tot goudbruin en bros te rooster.
by Heleen Meyer | Mar 31, 2025 | Sides & salads, Starchy side
Wie’s nie dol oor ’n stapeltjie warm pampoenkoekies nie? Maar het jy dit al met botterskorsie gemaak? Probeer gerus ook dié aromatiese botter met vars salie – jy gaan ’n nuwe geur-wêreld ontdek. Die kaneelstokkie waarmee die botterskorsie gekook word, gee dit ook ’n ekstra spesiale geur. En as die idee van die saliebotter jou glad nie opgewonde maak nie, is jy welkom om dit met die tradisionele kaneelsuiker voor te sit. Maar probeer gerus die botter, jy sal nie spyt wees nie.