Broccoli-slaai met gekaramelliseerde uie & bloukaas/ Broccoli salad with caramelised onions & blue cheese

Hierdie kleurvolle slaai is propvol interessante teksture en smake. Dis ook die perfekte oplossing vir dié wat nie oor ’n tipiese groenslaai opgewonde raak nie. Die effens ongewone kombinasie van bestanddele is ’n geurige verrassing en almal wil altyd ’n tweede keer skep. Daar is eintlik net vyf elemente in die slaai, maar elkeen komplementeer die ander regtig goed. Spinasie en kaas is altyd ’n wenner en as jy nie van bloukaas hou nie, is feta net so lekker. Die soeterige smaak van die gekaramelliseerde uie is ’n goeie balans met die soutsmaak van die kaas en vars tamaties pas so goed by al die ander bestanddele.
Dis ’n maklike en vinnige slaai om te maak en perfek vir ’n braaivleis. Of sit dit as bygereg met hoender voor.
This colourful salad has lots of interesting textures and flavours and is perfect for those who aren’t usually excited by a typical green salad. The slightly unusual combination of only four main ingredients is an aromatic surprise and is always a hit.
This is such an easy recipe, and super quick to prepare for a braai. Or as a side dish with chicken.
Resep (Afrikaans)
Broccoli-slaai met gekaramelliseerde uie & bloukaas
Bestanddele
15 ml (1 e) olyfolie
3 uie, gehalveer en in dun skyfies gesny
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
30 ml (2 e) balsamiese asyn
sout en peper
30 ml (2 e) vars tiemieblare
300 g broccoli, in blommetjies gesny
2-3 handevol dwergspinasie of ander gemengde slaaiblare van jou keuse
200 g kersietamaties, gehalveer
100 g bloukaas of 1-2 skywe fetakaas, grof gekrummel
Metode
- Verhit die olyfolie oor matige hitte in ’n groot braaipan en soteer die uie tot heeltemal sag. Voeg die suiker en asyn by en geur na smaak. Verlaag die hitte effens en roer af en toe, terwyl die uie 10-15 minute, sonder ’n deksel, karamelliseer. Roer die tiemie by. Skep uit en laat eenkant afkoel.
- Plaas intussen die broccoli in ’n vlak bak en bedek met kookwater. Laat 10-12 minute staan of tot net gaar, maar steeds bros. Herhaal die kookwaterproses indien nodig.
- Dompel die broccoli in koue water sodat dit nie verder gaar word nie en dreineer dadelik. Druk liggies met kombuispapier droog. (Die broccoli kan ook vir ’n paar minute gestoom of in ’n kastrol geblansjeer word.)
- Pak die slaaibestanddele op ’n slaaibord en sit teen kamertemperatuur as ’n bygereg voor.
Wenke
- Gekaramelliseerde uie is verbasend veelsydig. Gebruik dit in enige ander slaai of roer saam met ’n groot handvol koljander- of basiliekruidblare en geroosterde neute, as bygereg, by koeskoes in.
- Vervang die tiemie in die gekaramelliseerde uie met komyn vir ’n ander geurprofiel.
- Sit al die elemente in aparte bakkies voor en laat elkeen hul eie slaai bou. Voeg ’n proteïen soos spek, gaar hoender of repies steak vir ’n ligte maaltyd by.
Recipe (English)
Broccoli salad with caramelised onions & blue cheese
Serves 6
Ingredients
15 ml (1 tbsp) olive oil
3 onions, halved and thinly sliced
15 ml (1 tbsp) soft brown sugar
30 ml (2 tbsp) balsamic vinegar
pepper to taste
30 ml (2 tbsp) fresh thyme leaves
300 g broccoli, cut into smaller florets
2-3 handfuls of baby spinach leaves or other mixed salad leaves of your choice
200 g baby tomatoes, halved
100 g blue cheese or 1-2 slices of feta cheese, coarsely crumbled
Method
- Heat oil over medium heat in a large frying pan and sauté onions until completely soft. Add sugar and vinegar and season to taste. Reduce the heat slightly and stir occasionally, while the onions caramelise without a lid for 10-15 minutes. Stir in the thyme. Spoon out and set aside to cool.
- Meanwhile, place broccoli in a shallow bowl and cover with boiling water. Allow to stand for 10-12 minutes or until just bright green in colour, but still crispy. Drain and repeat the boiling water process, if necessary, but don’t overcook the broccoli. The broccoli can also be steamed for a few minutes or blanched in a saucepan in a small amount of water.
- Immerse the broccoli in cold water to stop the cooking process and drain immediately. Gently shake off the extra water and pat broccoli dry with kitchen paper.
- Arrange all the salad ingredients on a serving platter and serve at room temperature as a side dish.
Tips
- Caramelised onions are so versatile! Use in any salad of your choice, or add coriander or basil leaves and toasted nuts, and mix into cooked couscous.
- Replace the thyme in the caramelised onions with cumin or any other flavour profile.
- Serve all the elements separately and let everyone ‘build’ their own salad. Add a protein like bacon, cooked shredded chicken or strips of steak to make it a filling meal.
Hierdie Broccoli-slaai met gekaramelliseerde uie & bloukaas was deel van ‘n kos-artikel in LiG Tydskrif, Herfs 2022.
Foto Adel Ferreira Photography.

Ek weet sommer ek gaan hiervan hou!
Ek hoop jy sal hierdie resep maak Albert!
Dit klink heerlik. Gaan dit beslis probeer!
Ek hoop so Sue! Geniet dit.
Dit klink heerlik! Gaan dit beslis probeer! Dankie Heleen!
Groot plesier!
Ooooo ja dit klink na my tipe kos. My dogters sal ook baie daarvan hou. Gaan beslis probeer. Dankie
Groot plesier! Geniet dit Linda
Dankie Heleen!
Jou gekarameliseerde uie is ‘n standard produk in my yskas 🙂
Dankie ook vir al die ander idees wat saam hiermee kom. Gaan lekker vinnige en gesonde geregte optower met jou aan my sy!!
Dankie Petro!