by Heleen Meyer | Sep 15, 2022 | Sides & salads
Vir mense wat nie oor ’n tipiese groenslaai opgewonde raak nie, is hierdie kleurvolle slaai die antwoord. Die effens ongewone kombinasie van bestanddele is ’n geurige verrassing en almal wil altyd ’n tweede keer skep.
by Heleen Meyer | Nov 30, 2018 | Accompaniments, Extras, Light meals, Light vegetarian, Savoury snacks
Jaffels is vir baie mense sinoniem met hul kinderdae of ’n kerkbasaar. Deesdae is dit weer baie gewild en menige van ons het weer ’n ma of ouma se jaffelpan iewers gaan uitkrap. Volgens die kalender, het die somer ook amptelik aangebreek en Suid-Afrikaners het nie veel uitnodiging nodig om dan ’n vuur aan te steek nie. Ons sal ’n wye verskeidenheid kos en geregte oor die kole gaarmaak en vir party van ons is dit juis die lekkerte van vakansietye. Dis ook ’n tyd om met familie en vriende te kuier en as kosmaak deel van die gesellige samesyn is, soveel te beter. Hierdie jaffels (ek noem hulle sommer ronde kolebroodjies) is ’n uitstekende voorbeeld van iets wat sommer so tussen die gesels deur, gemaak kan word.