by Heleen Meyer | Nov 30, 2018 | Accompaniments, Extras, Light meals, Light vegetarian, Savoury snacks
Jaffels is vir baie mense sinoniem met hul kinderdae of ’n kerkbasaar. Deesdae is dit weer baie gewild en menige van ons het weer ’n ma of ouma se jaffelpan iewers gaan uitkrap. Volgens die kalender, het die somer ook amptelik aangebreek en Suid-Afrikaners het nie veel uitnodiging nodig om dan ’n vuur aan te steek nie. Ons sal ’n wye verskeidenheid kos en geregte oor die kole gaarmaak en vir party van ons is dit juis die lekkerte van vakansietye. Dis ook ’n tyd om met familie en vriende te kuier en as kosmaak deel van die gesellige samesyn is, soveel te beter. Hierdie jaffels (ek noem hulle sommer ronde kolebroodjies) is ’n uitstekende voorbeeld van iets wat sommer so tussen die gesels deur, gemaak kan word.
by Heleen Meyer | Nov 23, 2018 | Light meat, Light vegetarian, Savoury snacks
Die feestyd is om die draai en met elke funksie of kuier met familie, vriende en kollegas is daar altyd iets te ete. Dit maak my moedeloos as borde eetgoed uit net nog ’n diepgebraaide happie of nog iets in ’n degie van een of ander aard is. Dan lyk die tamaties of komkommer wat dikwels eintlik die garnering is, sommer ekstra lekker. So as dit my beurt is om eetgoed te maak, kies ek eerste iets wat ook uit vars bestanddele bestaan.
by Heleen Meyer | Nov 19, 2018 | Extras, Light meals, Light vegetarian, Salad as a side, Sides & salads
I love to cook with fruit. This is not necessarliy cooking jams or preserves, but rather ways to include what each season has to offer in everyday meals. A salad can be so much more than lettuce, tomato, cucumber and maybe an olive or two with some feta and a dressing. Salads can easily be the hero on the table and turn a meal into a feast – not only on the eyes, but for your taste buds too.
by Heleen Meyer | Nov 16, 2018 | Light meals, Light vegetarian
Die einde van die jaar is om die draai en daarmee saam, word die dae warmer. Ligter etes met somerslaaibestanddele en vars produkte is nou ook meer gereeld op ons tafels. Daar is soveel om van te kies en omdat seisonale vars goed so geurig is en dikwels mekaar se geure op jou bord komplimenteer, hoef jy nie veel daarmee te doen, om lekker te kan eet nie. Om solank ’n paar idees vir die vakansietyd bymekaar te maak, kan ook nie skade doen nie.
by Heleen Meyer | Oct 26, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Salad as a meal, Salad as a side, Sides & salads, Vegetable side
Dukkah en kekerertjies met sappige appels, ’n paar kruieblare en saggekookte eiers is ’n lenteslaai uit die boonste rakke. Een van die lekkertes van hierdie tyd van die jaar, is dat daar wonderlike vars produkte is om mee kreatief te wees. Met net ’n paar bestanddele en ’n interessante geurmiddel kan jy met min moeite ’n ete gereed hê.
by Heleen Meyer | Oct 19, 2018 | Desserts, sweet treats & baking, Fruit, Light vegetarian, Sweet snacks
Franse roosterbrood is ’n bekende ontbyt idee, maar dis ewe lekker as ligte ete en boonop kan jy byna enige iets as bolaag daarop eet. Hier is my resep vir dié gereg, met drie idees om dit mee voor te sit: pangebraaide sampioene met maaskaas en roket of kaas, tamatie en vars kruie. En as jy van ’n soeter smakie hou, is daar vars pere met heuning, kaneel en neute.