by Heleen Meyer | Sep 28, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Sides & salads, Vegetable side
’n Eenvoudige speserymengsel met ’n skeut suurlemoensap en olie is perfek om kekerertjies in ’n opwindende element te omskep. Die kekerertjies word in dié mengsel gerooster tot dit bros is en dan is dit sommer ekstra veelsydig. Vegetariese etes gebruik gereeld kekerertjies, aangesien dit ’n goeie bron van proteïen en koolhidrate is. Dit het ook die vermoë om ander geure wonderlik te absorbeer en juis daarom is die resep so ideaal.
by Heleen Meyer | Sep 14, 2018 | Breakfast, Light meals, Light vegetarian
Mieliepap – wat is die herinnering wat dit by jou oproep? Ek het daarmee groot geword en is baie lief daarvoor, en beslis meer as bygereg met braaivleis, as vir ontbyt. Maar die moontlike maniere om dit voor te sit, strek baie verder as net met braaivleis. Hoe klink geroosterde groente met kaas, neute, kruie en olyfolie op romerige mieliemeel? Dis ewe lekker as laat-ontbyt of vegetariese ete.
by Heleen Meyer | Jun 8, 2018 | Light vegetarian
Ek kan nou ’n lang storie skryf oor hoe lekker die peuselhappies is, maar maak dit liewer net en geniet dit terdeë. Sit dit vir vriende en familie voor as julle weer sport kyk, om ’n braaivleisvuur of voor ’n kaggel kuier. Of dalk wil jy jou kinders met die patat-nachos bederf terwyl hulle vir die eksamen leer. So ’n plank vol knibbelhappies is selfs ’n lekker alternatief vir ’n voorgereg.
by Heleen Meyer | Jan 26, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Sides & salads
Blomkool en broccoli het in die laaste paar jaar vinnig op die groente-gewildheidsleer geklim. Die twee groentes is lankal nie meer net vir ’n kaassous beskore nie en deesdae kry jy baie interessante maniere om dit voor te sit. Hierdie is beslis in my kombuis ’n gunsteling. Dis so maklik om te maak en as jy nog nie voorheen geroosterde blomkool en broccoli geproe het nie, moet jy dit beslis probeer.
by Heleen Meyer | Dec 13, 2017 | Light meals, Light vegetarian, Sides & salads, Starchy side
In die feestyd is dit altyd lekker om ’n resep of twee te hê wat moeiteloos is om voor te berei en op verskillende maniere voorgesit kan word. Almal wil lekker eet, maar nie noodwendig ure in die kombuis moet spandeer nie. Dié geurige geroosterde botterskorsie met kekerertjies en bone is ’n ideale resep vir die vakansie.
by Heleen Meyer | Oct 20, 2017 | Breakfast, Light meals, Light vegetarian
Leef gesond: vir party mense is dit net eenvoudig ’n makliker ding om reg te kry as vir ander. Dalk is dit te danke aan die manier waarop jy groot geword het en hoe julle by die huis geëet het. Soms is mense net so gedissiplineerd, dat hulle kan hou by die besluit om gesonder te leef. Vir ander was daar dalk ’n spesifieke rede wat hul net laat besluit: ‘dis tyd om gesonder te leef en eet’ of dalk het jou dokter jou aangespreek en nou is dit jou nuwe manier van doen.