Skemerkelkiehappies
Die feestyd is om die draai en met elke funksie of kuier met familie, vriende en kollegas is daar altyd iets te ete. Dit maak my moedeloos as borde eetgoed uit net nog ’n diepgebraaide happie of nog iets in ’n degie van een of ander aard is. Dan lyk die tamaties of komkommer wat dikwels eintlik die garnering is, sommer ekstra lekker. So as dit my beurt is om eetgoed te maak, kies ek eerste iets wat ook uit vars bestanddele bestaan.
Almal hou van ’n bord vol kleurvolle happies en alhoewel dit tydrowend kan wees, hoef dit nie die geval te wees nie. Hier is twee maklike idees wat jy vooraf kan maak of sit al die elemente op ’n tafel en nooi almal om hul eie happies te ‘bou’. Die murgpampoentjie-plaatkoekies is ’n lekker basis vir interessante bolae en alhoewel dit ook ’n deegbasis het, is dit aansienlik ligter as ’n diepgebraaide happie of byvoorbeeld ’n broskorsdeeg. Die murgpampoentjies dra ook by tot die vesel en voedsaamheid van die happies. Kies ook bolae wat uit gesonde en vars elemente bestaan, om dit ekstra lekker te maak. Op dié manier is al die happies beslis ook nie net verfynde of geprosesseerde kos nie. Onderaan die resepte is daar ook ’n paar ekstra wenke en kyk veral na die maklike manier om seker te maak dat die happies nie op ’n warm dag uitdroog nie.
80 g Boerenkaas of beleë cheddarkaas, in dik skywe gesny
mikrokruie of klein roketblare
80-100 g kouevleis, soos swartwoudham, Parma-ham of prosciutto
2. Sny of vou die kouevleis in dunner repe en bind elke appel-en-kaasbondeltjie met ’n repie vleis “vas”. Steek met ’n tandestokkie vas, indien nodig.
3. Geniet as ’n versnapering of as deel van ’n bord met skemerkelkiehappies.
2. Spoel appelwiggies in water af en druk liggies droog met kombuispapier. Dit sal verhoed dat die appel verkleur.
Lewer ongeveer 35 – 40 klein plaatkoekies
5 ml (1 t) bakpoeier
250 ml (1 k) karringmelk
2 groot Nulaid eiers, geklits
60 ml (¼ k) sesamsaad, gerooster (sien wenk)
4 murgpampoentjies, grof gerasper
90 ml (6 e) grofgerasperde cheddarkaas
suurlemoensap en swartpeper na smaak
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie vir braai
Bolaag-opsies
200-250 g ongegeurde growwe maaskaas
tahini (sien wenke)
swart of wit sesamsaad
pikantrissies, in repies gesny
kappertjiesaad (capers)
1 JOYA® Appel, met die skil, in kwarte en dan in skyfies gesny
vars kruie soos Italiaanse pietersielie, kruisement of tiemie
2. Roer die sesamsaad, murgpampoentjie en kaas by die droë bestanddele.
3. Voeg die karringmelkmengsel by die droë bestanddele en roer tot ’n beslag vorm. Geur met bietjie suurlemoensap en peper na smaak.
4. Verhit die helfte van die olie oor ’n matige hitte in ’n groot braaipan (bv. AMC 24 cm Chef’s Pan).
5. Braai lepelsvol (sowat 15 ml) van die mengsel aan beide kante tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
6. Herhaal met die res van die beslag en nog olie, indien nodig.
7. Bolaag: Rond elke plaatkoekie af met jou keuse van bestanddele. Meng 10 ml tahini met 100 ml van die maaskaas en skep op party plaatkoekies. Skep van die ongegeurde maaskaas of tahini op nog plaatkoekies.
8. Garneer happies met die ander bestanddele en kombineer dit na smaak. Sit as skemerkelkiehappies voor.
2. Tahini is ’n sesamsaadpasta wat in groot supermarkte of gesondheidswinkels beskikbaar is.
3. Gebruik guacamole as nog ’n opsie om op die plaatkoekies te sit. Dit sal heerlik wees met die ander bolaag-elemente.
4. Geur die plaatkoekie-beslag met paprika, neutmuskaat of vars kruie, na smaak, as jy wil.
5. Om happies vars te hou: maak ’n groot stuk botterpapier (greaseproof paper) deeglik nat met water, druk die oortollige water uit. Sit die papier liggies bo-oor die voorafbereide happies. Die papier sal eerste uitdroog, maar nie die happies nie en die papier kan weer natgemaak word, as dit nodig is – veral op ’n warm dag.
Baie dankie heerlik en aangenaam vir die komende kerseisoen.
Baie dankie, dis leker om te weet dat die resepte vir ander ook waardevol is. Lekker kook en eet en geniet die feesseisoen.
Good Day kan you please help me with skemerkelkie menu 4 portion and 1 vegetariër