Appelslaai met kekerertjies & dukkah

Appelslaai met kekerertjies & dukkah

Dukkah en kekerertjies met sappige appels, ’n paar kruieblare en saggekookte eiers is ’n lenteslaai uit die boonste rakke. Een van die lekkertes van hierdie tyd van die jaar, is dat daar wonderlike vars produkte is om mee kreatief te wees. Met net ’n paar bestanddele en ’n interessante geurmiddel kan jy met min moeite ’n ete gereed hê.

Geroosterde kekerertjies met speserye

Geroosterde kekerertjies met speserye

’n Eenvoudige speserymengsel met ’n skeut suurlemoensap en olie is perfek om kekerertjies in ’n opwindende element te omskep. Die kekerertjies word in dié mengsel gerooster tot dit bros is en dan is dit sommer ekstra veelsydig. Vegetariese etes gebruik gereeld kekerertjies, aangesien dit ’n goeie bron van proteïen en koolhidrate is. Dit het ook die vermoë om ander geure wonderlik te absorbeer en juis daarom is die resep so ideaal.

Sampioen-lasagne met appelslaai

Sampioen-lasagne met appelslaai

Van kleins af, is lasagne hoog op my lys van koesterkos-geregte. As my ma ons wou bederf of wanneer jy kon kies watter gunsteling jy vir jou verjaarsdagete wil hê, was lasagne gereeld eerste genoem. Ja, lasagne bestaan uit lae geurige maalvleis en pasta met ’n kaassous, maar met deesdae se innoverende kosneigings, is dit nie meer die enigste manier waarop dié bekende gereg gemaak kan word nie. Die pasta word dikwels met groente van ’n soort vervang of die maalvleis word selfs hoender, of vis – daar is baie opsies.

Maalvleis, sampioene en spinasie is ’n heerlike kombinasie en ideaal om inderdaad ’n glutenvrye-lasagne mee te maak. En al gebruik jy nie ’n kaassous bo-op nie, is ’n mengsel van karringmelk, kruie en kaas ewe lekker. Onthou, kaassous word tipies met meel gemaak, so dit bevat ook gluten, soos die pasta.

Pasta-oondgereg met hoender & broccoli

Pasta-oondgereg met hoender & broccoli

’n Paar bekende bestanddele kan maklike in ’n oondgebak omskep word wat vir die hele gesin gaan lekker wees. Broccoli en hoender is ’n algemene kombinasie en as jy dit met pasta meng en soos ’n macaroni-en-kaas bak, het jy in ’n japtrap aandete. En behalwe daarvoor, kan jy ook sommer terselfdertyd ’n paar bestanddele gaarmaak vir die heel jongste lede van die gesin – veral die wat dalk nog nie daarvan hou dat alles saamgemeng is in een gereg nie.

Geroosterde-broccoli-blomkoolslaai

Geroosterde-broccoli-blomkoolslaai

Blomkool en broccoli het in die laaste paar jaar vinnig op die groente-gewildheidsleer geklim. Die twee groentes is lankal nie meer net vir ’n kaassous beskore nie en deesdae kry jy baie interessante maniere om dit voor te sit. Hierdie is beslis in my kombuis ’n gunsteling. Dis so maklik om te maak en as jy nog nie voorheen geroosterde blomkool en broccoli geproe het nie, moet jy dit beslis probeer.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest