Granola-krummel met vye

Granola-krummel met vye

Hierdie granola met neute en speserye is ’n baie lekker en veelsydige item om gereed te hê, veral as jy skielik iets indrukwekkends vir gaste moet voorsit. Onderaan die resep is ’n paar maniere waarop dit gebruik kan word. Die gebakte mengsel vries uitstekend, so ek maak sommer ’n dubbele hoeveelheid.

Vrugtepakkies met kaneel

Vrugtepakkies met kaneel

Ons Suid-Afrikaners is lief vir braai en iets soets daarby is somtyds lekker. Die vrugtepakkie-resep is perfek om te maak, want dit kan na die braaivleis vinnig op die rooster in foelie gemaak word. Kies self die vrugtekombinasie na die gelang van die seisoen en geur met die kaneel, heuning, suurlemoennsap en botter. Dit kan bedien word met ‘n skep ongegeurde jogurt of ‘n happie roomys. Die resep sal beslis almal beÏndruk en dis so maklik om te maak dat elkeen hul eie pakkie kan “bou”.

Romerige appelkoosnagereg

Romerige appelkoosnagereg

Die somer maak jou vrugtemandjie tot boordens toe vol. Daar’s ‘n kleurvolle verskeidenheid en steenvrugte bring die sonskyn sommer op baie maniere tafel toe. Dit is waarop LiG Tydskrif se Februarie artikel fokus.
Geniet die vrugte nét so of gebruik dit in slaaie of nageregte. As die vrugte oorryp word, kan jy ’n puree daarmee maak om te vries of gebruik vir hierdie heerlike nagereg.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest