Granola-krummel met vye

Lewer 6 porsies
125 ml (½ k) koekmeel
100 ml harde botter
75 ml (5 e) sagte bruinsuiker
2,5 ml (½ t) gemaalde gemengde speserye
50 g pekanneute of amandels, fyngekap
300-500 ml ongegeurde of Griekse jogurt
6-12 vars vye of ander seisoens vrugte
’n handvol vars kruisementblare
’n handvol granaatpitte
2. Plaas die hawermout, meel, botter, suiker en speserye in ’n mengbak. Vryf dit met jou vingerpunte tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
3. Voeg die neute by en versprei in ’n eweredige laag op die bakplaat. Bak vir 15-20 minute of tot goudbruin.
4. Breek in growwe krummels. Sit die krummel met die jogurt en vye in voor. Dit werk goed in ’n glas of in ’n plat bakkie. Garneer met kruisement en granaatpitte.
1. Gebruik die krummel oor vrugteslaai, met jogurt vir ontbyt of as ’n ligte nagereg. Dit is selfs lekker oor roomys of met gebakte vrugte soos appels of pere.
2. Vervang die speserye met 80 ml (⅓ k) dukkah. Gebruik net die helfte van die suiker en gebruik die krummel as strooisel oor slaai of geroosterde groente.
3. Vrugte soos perskes, nektariens, mango en druiwe is heerlik saam met die krummel.
4. Roomyskoek: Hierdie roomyskoek lyk altyd indrukwekkend op ’n tafel en dis eintlik so maklik om te maak. Kies ’n verskeidenheid bestanddele waarvan julle hou, bv. gekapte neute en sjokolade. Gedroogde kersies of rooibosbessies (cranberries) is ook heerlik. Gebreekte gemmerkoekies of verpulpte vars bessies is nog ’n manier om die roomys te geur. Gebruik so ongeveer ’n halwe koppie van elke ‘geurmiddel’. Net ’n wenk, iets soos nougat of heel bessies vries kliphard en is baie moeilik om te eet, so kies liewer bestanddele soos dié wat hierbo genoem is.
- Verdeel ’n 2-liter vanieljeroomys in twee en skep elke helfte in ’n groot mengbak. Voer die roomysbak of enige ander vriesbare houer of individuele houertjies met kleefplastiek uit. Die kleefplastiek moet tot oor die rand van die bak strek.
- Maak die roomys effens sagter, sodat ander bestanddele maklik daarby ingeroer kan word, maar die roomys moet glad nie smelt nie.
- Roer bv. sjokolade, koekies en gedroogde kersies by die een helfte. Geur die ander helfte met neute en roer lepelsvol van die verpulpte sous by, om dit ’n marmer-effek in die roomys te gee.
- Skep ’n eweredige laag granola onder in die roomysbak. Skep een helfte van die roomys bo-op en smeer gelyk. Strooi nog ’n laag granola oor en dan die laaste laag roomys. Werk so vinnig as moontlik, dat die roomys nie smelt nie.
- Sit die bak se deksel op of maak dit liggies met kleefplastiek toe, maar moenie die plastiek in die roomys vasdruk nie, want dan kom dit baie moeilik uit as dit vasgevries het. Vries oornag en keer die hele roomys op ’n koue bord uit, net voor dit voorgesit word en trek die kleefplastiek af. Die roomys sny maklik in skywe.