Skemerkelkiehappies

Skemerkelkiehappies

Die feestyd is om die draai en met elke funksie of kuier met familie, vriende en kollegas is daar altyd iets te ete. Dit maak my moedeloos as borde eetgoed uit net nog ’n diepgebraaide happie of nog iets in ’n degie van een of ander aard is. Dan lyk die tamaties of komkommer wat dikwels eintlik die garnering is, sommer ekstra lekker. So as dit my beurt is om eetgoed te maak, kies ek eerste iets wat ook uit vars bestanddele bestaan.

Franse roosterbrood

Franse roosterbrood

Franse roosterbrood is ’n bekende ontbyt idee, maar dis ewe lekker as ligte ete en boonop kan jy byna enige iets as bolaag daarop eet. Hier is my resep vir dié gereg, met drie idees om dit mee voor te sit: pangebraaide sampioene met maaskaas en roket of kaas, tamatie en vars kruie. En as jy van ’n soeter smakie hou, is daar vars pere met heuning, kaneel en neute.

Patat-nachos met tuisgemaakte chakalakasous

Patat-nachos met tuisgemaakte chakalakasous

Ek kan nou ’n lang storie skryf oor hoe lekker die peuselhappies is, maar maak dit liewer net en geniet dit terdeë. Sit dit vir vriende en familie voor as julle weer sport kyk, om ’n braaivleisvuur of voor ’n kaggel kuier. Of dalk wil jy jou kinders met die patat-nachos bederf terwyl hulle vir die eksamen leer. So ’n plank vol knibbelhappies is selfs ’n lekker alternatief vir ’n voorgereg.

Sampioen-lasagne met appelslaai

Sampioen-lasagne met appelslaai

Van kleins af, is lasagne hoog op my lys van koesterkos-geregte. As my ma ons wou bederf of wanneer jy kon kies watter gunsteling jy vir jou verjaarsdagete wil hê, was lasagne gereeld eerste genoem. Ja, lasagne bestaan uit lae geurige maalvleis en pasta met ’n kaassous, maar met deesdae se innoverende kosneigings, is dit nie meer die enigste manier waarop dié bekende gereg gemaak kan word nie. Die pasta word dikwels met groente van ’n soort vervang of die maalvleis word selfs hoender, of vis – daar is baie opsies.

Maalvleis, sampioene en spinasie is ’n heerlike kombinasie en ideaal om inderdaad ’n glutenvrye-lasagne mee te maak. En al gebruik jy nie ’n kaassous bo-op nie, is ’n mengsel van karringmelk, kruie en kaas ewe lekker. Onthou, kaassous word tipies met meel gemaak, so dit bevat ook gluten, soos die pasta.

Oondgeroosterde sampioene

Oondgeroosterde sampioene

Eenvoud is die vreugde van die lewe, so het Koos du Plessis gedig, en dis net so waar as mens oor kos gesels. Die lekkerste kombinasie van bestanddele is soms die eenvoudigste. As mens eers weet watter bestanddele perfekte pasmaats is, is helfte van die werk in die kombuis reeds gedoen.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest