Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Homemade gourmet burgers/ Tuisgemaakte gourmet hamburgers

Nov 25, 2026 | Mains, Meat

Making your own burgers is so easy and definitely healthier than buying store-bought patties or burgers from a fast-food restaurant. This way you know exactly what is added to the patties. Think of this recipe as a Friday night or holiday fakeaway food. Get creative with the burger toppings you use. Fresh salad ingredients, caramelised onions and a sundried tomato and basil pesto make one tasty, gourmet burger! See the list of options below.

Om jou eie hamburgers te maak is regtig nie baie moeite nie en aansienlik goedkoper en gesonder as gekoopte of kitskos-opsies. As jy dit self meng en geur weet jy mos presies wat in die patties is. Dink aan die resep as naweek- of vakansie-wegneemkos, uit jou eie kombuis! Wees kreatief met die bolae wat jy saam met die patties in die burger sit. Vars slaaibestanddele, gekaramelliseerde uie en ’n songedroogde tamatiepesto maak dit dadelik ’n gourmet burger. Sien die lys van moontlikhede hier onder.

Recipe (English)

Homemade gourmet burgers

Serves 4 – 6 patties

Ingredients

Patties

500 g lean beef mince

30 ml (2 tbsp) chutney or tomato sauce (see tip)

1-2 carrots, finely grated

60 ml (¼ cup) uncooked ordinary oats

1 egg, beaten

15 ml (1 tbsp) ground coriander

15 ml (1 tbsp) ground cumin

45 ml (3 tbsp) chopped fresh herbs of your choice, like Italian parsley, thyme and origanum or 10 ml (2 tsp) dried mixed herbs

salt and pepper to taste

olive oil for frying

 

Toppings of your choice like:

caramelised onions or pickled onions

sundried tomato and basil pesto

guacamole

gherkins, sliced

salad ingredients like cucumber and tomatoes, thinly sliced

salad leaves of your choice like iceberg, cos or butter lettuce, or rocket leaves

cheese cut into slices, or grated

Method

  1. Place all the patty ingredients, except the oil, in a mixing bowl and mix until well combined – it works best to do this with your hands. Season with salt and pepper.
  2. Divide mixture into 4-6 even-sized balls and flatten into patties.
  3. Heat the oil in a large frying pan over a medium temperature. Fry the patties until golden brown on both sides. Reduce the heat, cover with a lid and simmer for a few minutes until cooked through, but still juicy.
  4. Serve patties on burger buns of your choice with any toppings from the list above or some of your own favourites.

Tips

  1. When buying sauces like chutney and tomato sauce, make sure you choose a good-quality option that is lower in sugar and salt.
  2. Use this recipe to make about 12-15 small meatballs – with a 30 ml measuring spoon and roll into balls. Then fry as explained above. Meatballs are great in a lunchbox or for a picnic. Serve as a meal with salad ingredients and a homemade dip of your choice. Leftover cooked veggies like roasted sweet potato, butternut, corn on the cob or baby potatoes in the skin also work well in a lunchbox. The meatballs are also delicious as a filling for pitas with salad ingredients.
  3. For a Pork and apple patty or meatball recipe, as an interesting alternative, click here.
  4. For my Homemade bread roll recipe, click here.
  5. For a bunless-version, serve the patties and other ingredients on large brown mushrooms, panfried or oven-roasted.  

Recipe (Afrikaans)

Tuisgemaakte gourmet hamburgers

Lewer 4 – 6 burgers

Bestanddele

Patties

500 g maer beesmaalvleis

30 ml (2 e) blatjang of tamatiesous (sien wenk)

1-2 wortels, fyngerasper

60 ml (¼ k) gewone rou hawermout

1 eier, geklits

15 ml (1 e) gemaalde koljander

15 ml (1 e) gemaalde komyn

45 ml (3 e) gekapte vars kruie van jou keuse, soos Italiaanse pietersielie, tiemie en origanum of 10 ml (2 t) gedroogde gemengde kruie

sout en peper na smaak

olyfolie om mee te braai

 

Bolae van jou keuse:

gekaramelliseerde uie of piekel-uie

songedroogde tamatie-pesto

guacamole

agurkies, in skyfies gesny

slaaibestanddele soos komkommer en tamaties, in skyfies gesny

slaaiblare van jou keuse, soos ysberg-, cos- of botterslaaiblare of roketblare

kaas, in dun skyfies gesny of gerasper

Metode

  1. Plaas al die pattie-bestanddele, behalwe die olie, in ’n mengbak en meng goed deur – jou hande werk die beste. Geur die mengsel na smaak met sout en peper.
  2. Verdeel die mengesel in 4-6 ewegroot dele, rol in ‘n bal en druk met die palm van jou hand platter. 
  3. Verhit die olie oor ’n matige temperatuur in ’n braaipan. Braai patties aan beide kante tot goudbruin. Verlaag die hitte, plaas die deksel op en prut vir ’n paar minute tot net deurgaar, maar steeds sappig. 
  4. Sit patties op broodrolletjies van jou keuse en met enige bolae waarvan julle hou, of opsies uit die lys hierbo, voor.

Wenke

  1. Koop verkieslik topgehalte blatjang en tamatiesous wat so min as moontlik bygevoegde sout en suiker in het.
  2. Gebruik die resep om 12-15 klein frikkadelle, (gebruik ’n 30 ml maatlepel) mee te maak. Rol in ewegroot balletjies en braai soos hierbo beskryf. Frikkadelle is perfek vir ’n kosblik of piekniek. Sit dit met slaaibestanddele en ’n tuisgemaakte doopsous van jou keuse voor. Oorskiet-groente soos geroosterde patats, botterskorsie, mielies aan die stronk of baba-aartappeltjies in die skil, is perfek vir ’n kosblik. Die frikkadelle is ook heerlik as ’n vulsel vir ’n pita met slaaibestanddele.
  3. Maak hierdie Vark-en-appelfrikkadelle as patties of soos in die resep, vir ’n lekker alternatief.
  4. Hier is my resep vir Tuisgemaakte broodrolletjies.
  5. Bedien die patties en ander bestanddele op groot bruin sampioene, in ‘n pan gebraai of in die oond gerooster, as jy nie brood wil eet nie.

 

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This