Pickled red onions/ Gepiekelde rooi uie

Recipe
Pickled red onions
Makes 500 ml
Pickled onions are very popular these days and so versatile. It’s perfect on any sandwich, with avo on toast, add it to a burger or pizza and make it part of the filling in your favourite wrap. Or include it with falafels and hummus in a pita. Add it to a cheese board, serve it with cold meats or use it in a buddha or poke bowl. The onions are ideal for any salad – do try it as part of a green salad with cucumber and apple, or use it in a potato salad. The options are endless. Having a jar of these in my fridge, is like a secret seasoning weapon! Make a jar full today.
Ingredients
1 red onion, halved and thinly sliced
10-15 whole black peppercorns
2,5 ml (½ tsp) mustard seeds
3-4 sprigs of fresh dill (optional)
90 ml (6 tbsp) apple cider vinegar
7,5 ml (½ tbsp) sugar
2,5 ml (½ tsp) salt
180 ml water
Method
- Arrange onion slices with the peppercorns, mustard seeds and dill in layers in a sterilised medium-sized glass jar.
- Mix vinegar, sugar, salt and water together in a small saucepan. Bring to just below boiling point and allow to simmer gently for a few minutes.
- Pour the warm liquid over the onions, until they are covered. Allow to cool down and seal with a lid.
- Keep refrigerated and remember that the longer the onions stand, the better the flavour. These will last for 2-3 weeks in the fridge. The onions may start to lose some colour but will still taste good.
Resepte
Gepiekelde rooi uie
Maak ongveer 500 ml
Gepiekelde uie is deesdae baie gewild en regtig veelsydig. Dis heerlik op feitlik enige toebroodjie, met avokado op roosterbrood, op ’n burger, pizza, as deel van jou gunstelingvulsel vir ’n wrap. Of gebruik dit saam met falafels en hummus in ’n pita. Maak dit deel van ’n kaasbord, sit dit met kouevleis voor of gebruik dit in ’n buddha of poke bowl. Dis ideaal vir enige slaai – probeer dit as deel van ’n groen slaai met komkommer en appel, of gebruik dit in ’n aartappelslaai. Die opsies is eindeloos. ’n Fles gepiekelde uie is soos ’n jou geheime wapen vir ekstra geur! Maak sommer vandag ‘n fles vol.
Bestanddele
1 rooi ui, gehalveer en in dun skyfies gesny
10-15 heel swartpeperkorrels
2,5 ml (½ t) mosterdsaadjies
3-4 takkies vars dille (opsioneel)
90 ml (6 e) appelasyn
7,5 ml (½ e) suiker
2,5 ml (½ t) sout
180 ml water
Metode
- Pak die uieskyfies met die peperkorrels, mosterdsaadjies en vars dille in lae in ’n gesteriliseerde middelslag glasfles.
- Meng asyn, suiker, sout en water in ’n klein kastrolletjie saam. Bring oor matige hitte tot net by kookpunt. Prut liggies vir ’n paar minute.
- Giet die warm vloeistof oor die uie tot dit daarmee bedek is. Laat dit afkoel en verseël met die deksel.
- Hou in die yskas en onthou, hoe langer dit staan, hoe geuriger word die uie. Die gepiekelde uie sal vir 2-3 weke in die yskas hou. Dit mag dalk met die verloop van tyd effens kleur verloof, maar sal steeds lekker smaak!
Photo: Thivesha Naidoo.
Moet dit appelasyn wees? Ek vind dit soms nogal skerp en oorweldigend
Appelasyn is gewoonlik die meer subtiele asyn, maar as jy nie van die smaak hou nie, kan jy wit druiweasyn of wit wynasyn ook gebruik.