Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Join 1,913 other subscribers.

Eet.Kook.Leef.Beter met Heleen

Feb 28, 2023 | Eet.Kook.Leef.Beter.

Eet.Kook.Leef.Beter met Heleen
Wonder jy waar om met ’n gesonde leefstyl te begin?
Is jy opsoek is na maklike maniere en praktiese raad om vir jou en jou gesin lekker en gesonde kos te maak? Dan is jy op die regte plek.

Eet.Kook.Leef.Beter is my nuutste projek om almal op ’n praktiese manier aan te moedig om gesond te eet, sonder dat kos vaal, verveling of duur hoef te wees. As koskonsultant het ek ’n passie om jou te leer en inspireer om dit ’n leefstyl te maak. Ek is ook ’n ma met twee jongmense in die huis, so ek weet presies wat dit verg om elke dag se etes te beplan en voor te berei.

My filosofie fokus op:
matige porsies,
’n reënboog van kleure op jou bord,
natuurlike geurmiddels en
gesonde gaarmaakmetodes wat die beste in elke bestanddeel na vore bring.
Verder moedig ek jou aan om na jou eie lyf te luister en te leer watter kos jou dalk sleg of ongemaklik laat voel.
Hierdie punte is die hoeksteen van Eet.Kook.Leef.Beter.

Met die ondersteuning van ’n paar handelsmerke, is die produksie en aanbieding van die reeks videos moontlik gemaak. Elkeen van die handelsmerke pas perfek binne my kosfilosofie om met vars en natuurlike bestanddele en goeie keuses vir jou en jou gesin kos te maak.

 

Eet Kook Leef Beter
Eet.Kook.Leef.Beter
Eet Kook Leef Beter

 

Tuisgemaak is die beste, want dan weet jy presies wat in jou etes ingesluit word.
Dié manier van kook sluit nie net gesonde bestanddele in jul etes in nie, maar is ’n praktiese manier om minder suiker, sout en gepreserveerde en verfynde produkte te eet en genoeg gesonde olies in te sluit.

Jamie Oliver se sêding som dit so goed op:
Regte kos het nie bestanddele nie, regte kos is bestanddele.

Die reeks videos gaan deur die loop van Maart op my YouTube-kanaal vrygestel word.
Teken solank daarop in (@HeleenMeyerFood) en stel die ‘klokkie’ sodat jy weet wanneer ’n nuwe episode gelaai word.

Met elke video gaan daar ook ’n blog, idees en resepte wees wat die tema ondersteun, so as jy nog nie op my webwerf ingeteken is nie, is dit nou die tyd. Op dié manier gaan jy niks misloop nie.
Volg my op sosiale media (@heleenmeyerfood op Facebook en Instagram) sodat jy en jou gesin lekker kan saam kyk, kook, eet en gesonder leef.

Geniet Eet.Kook.Leef.Beter!

 

Afrikaans.com logo
AMC logo
Gideon Milling logo
LemonGold logo
Mushroom SA logo
Nulaid
error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This