Appelslaai met kekerertjies & dukkah

Appelslaai met kekerertjies & dukkah

Dukkah en kekerertjies met sappige appels, ’n paar kruieblare en saggekookte eiers is ’n lenteslaai uit die boonste rakke. Een van die lekkertes van hierdie tyd van die jaar, is dat daar wonderlike vars produkte is om mee kreatief te wees. Met net ’n paar bestanddele en ’n interessante geurmiddel kan jy met min moeite ’n ete gereed hê.

Eier-pizza met maalvleis

Eier-pizza met maalvleis

Eiers, maalvleis, gerasperde kaas en vars tiemie is amper al wat nodig is vir hierdie lekker ete. Die eier word as basis vir ’n pizza-idee gaargemaak en dan word die maalvleis en kaas as bolaag gebruik. En wat is dan nou lekkerder as om Wêreld Eierdag hiermee te vier. Dis wel ook Nasionale Sampioendag, so as daar sampioene in die slaai saam met die eier-pizza is, het jy ’n wonderlike maaltyd wat wag

Geroosterde kekerertjies met speserye

Geroosterde kekerertjies met speserye

’n Eenvoudige speserymengsel met ’n skeut suurlemoensap en olie is perfek om kekerertjies in ’n opwindende element te omskep. Die kekerertjies word in dié mengsel gerooster tot dit bros is en dan is dit sommer ekstra veelsydig. Vegetariese etes gebruik gereeld kekerertjies, aangesien dit ’n goeie bron van proteïen en koolhidrate is. Dit het ook die vermoë om ander geure wonderlik te absorbeer en juis daarom is die resep so ideaal.

Sampioen-lasagne met appelslaai

Sampioen-lasagne met appelslaai

Van kleins af, is lasagne hoog op my lys van koesterkos-geregte. As my ma ons wou bederf of wanneer jy kon kies watter gunsteling jy vir jou verjaarsdagete wil hê, was lasagne gereeld eerste genoem. Ja, lasagne bestaan uit lae geurige maalvleis en pasta met ’n kaassous, maar met deesdae se innoverende kosneigings, is dit nie meer die enigste manier waarop dié bekende gereg gemaak kan word nie. Die pasta word dikwels met groente van ’n soort vervang of die maalvleis word selfs hoender, of vis – daar is baie opsies.

Maalvleis, sampioene en spinasie is ’n heerlike kombinasie en ideaal om inderdaad ’n glutenvrye-lasagne mee te maak. En al gebruik jy nie ’n kaassous bo-op nie, is ’n mengsel van karringmelk, kruie en kaas ewe lekker. Onthou, kaassous word tipies met meel gemaak, so dit bevat ook gluten, soos die pasta.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest