Bros mieliemeel-tortillas

Bros mieliemeel-tortillas

Die einde van die jaar is om die draai en daarmee saam, word die dae warmer. Ligter etes met somerslaaibestanddele en vars produkte is nou ook meer gereeld op ons tafels. Daar is soveel om van te kies en omdat seisonale vars goed so geurig is en dikwels mekaar se geure op jou bord komplimenteer, hoef jy nie veel daarmee te doen, om lekker te kan eet nie. Om solank ’n paar idees vir die vakansietyd bymekaar te maak, kan ook nie skade doen nie.

Gesonde peuselhappies vir kinders

Gesonde peuselhappies vir kinders

Mieliemeelmuffins, ’n knibbelhappie met appel, klapper en neute of dalk groentekebabs – dis alles peuselkos waarvan my kinders baie hou. As ek met lekker en gesonde peuselgoed hul eksamentyd so bietjie makliker kan maak, dan doen ek dit met liefde. ’n Mens voel mos dikwels lus vir iets om te eet as jy vir lang tye moet sit en swot. Die idees is natuurlik ook perfek vir die hele gesin se kosblikke en vir padkos.

Mieliepap met tamatiesmoor

Mieliepap met tamatiesmoor

Mieliepap met ’n tamatiesmoor en wors bly ’n wonderlike ete. Sit ’n paar sampioen-kebabs daarby en jy het ’n smullekker ete. En as jy ’n growwe mieliemeel gebruik, is die pap selfs nog lekkerder. Hoe hou julle van mieliepap? Fyn krummels, met groot klonte of ’n meer loperige tekstuur (slap-pap)?

Mieliepaptert met sampioene

Mieliepaptert met sampioene

Het jy ook met pap as ’n stysel vir etes grootgeword? Veral met braaivleis of wors en sous? Ek is dol daaroor, maar ander kan glad nie verstaan dat ’n mens hieroor opgewonde kan raak nie. Daar is ook verskillende maniere waarop liefhebbers daarvan hou – fyn krummels, loperig, in groot, sagte klonte of dan soos hier in ’n paptert-styl gebak.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest