Romerige Indiese hoender met platbrode (Butter chicken)

Romerige Indiese hoender met platbrode (Butter chicken)

Het jy al self ‘butter chicken’ gemaak? Die aromatiese hoendergereg is watertand-lekker en baie makliker om voor te berei as wat jy dalk gedink het. Dit vra net so bietjie beplanning, want al wat jy moet onthou is om die hoender vooraf vir ’n uur of twee te marineer – dit gee die beste geur. Die res word in drie vinnige stappe gedoen.

Hoender-en-wortelkerrie

Hoender-en-wortelkerrie

Die wortels maak die gereg lekker kleurvol en is genoeg stysel vir die ete, so dit kan net so voorgesit word. As julle verkies, geniet dit saam met klein porsies bruinrys of bruin basmatirys.

Bros mieliemeel-tortillas

Bros mieliemeel-tortillas

Die einde van die jaar is om die draai en daarmee saam, word die dae warmer. Ligter etes met somerslaaibestanddele en vars produkte is nou ook meer gereeld op ons tafels. Daar is soveel om van te kies en omdat seisonale vars goed so geurig is en dikwels mekaar se geure op jou bord komplimenteer, hoef jy nie veel daarmee te doen, om lekker te kan eet nie. Om solank ’n paar idees vir die vakansietyd bymekaar te maak, kan ook nie skade doen nie.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest