Pink Lady® Appel compote
Appels, korrelmosterd, ’n bietjie asyn en siedaar – ’n baie lekker appel-compote wat op verskillende maniere gebruik kan word. Maak ’n flessie of twee vol en hou dit in jou yskas om ’n hamburger, varkworsie of stukkie steak in ’n japtrap op te kikker.
Sampioenpatee met komyn
Sampioene gee aan ’n gereg ’n baie unieke en interessante geur, veral as dit eers gaargemaak word om daardie bekende neuterige smaak te beklemtoon. Hierdie vinnige sampioenpatee kan op soveel lekker maniere gebruik word – van ’n doopsous met groenterepies, smeersel vir ’n gourmet-toebroodjie tot ’n sous op ’n stukkie steak.
Mieliebrood
Mieliebrood is een van daardie eg Suid-Afrikaanse resepte en ek ken min mense wat nie daarvan hou nie. Warm uit die oond met ‘n skraapseltjie botter is darem maar lekker, of jy dit nou met braaivleis of ‘n ander ete geniet. En ás daar iets oorbly, maak dit die lekkerste roosterbrood die volgende dag.



