Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Hasselback botterskorsie met geroomde feta

May 8, 2025 | Sides & salads, Starchy side

Hasselback botterskorsie met geroomde feta

Lewer 4 porsies

Die natuurlike soet smaak van botterskorsie is perfek as bykos – iets waarvoor Suid-Afrikaners baie lief is. Hier is ’n effens ander aanslag, want die stukkies geroosterde suurlemoenskil is ’n heerlike verrassing. Hasselback-styl word oorspronklik met aartappels gedoen, deur hulle in dun skyfies, maar nie regdeur nie, te sny en dan so in ‘waaiers’ tot goudbruin en bros te rooster.

Bestanddele

1 medium tot groot botterskorsie, geskil

1 kaneelstokkie, in stukke gebreek

45 ml (3 e) olyfolie

30 ml (2 e) sagte bruinsuiker

sap en repe skil van 1 medium suurlemoen, met ’n groenteskiller gemaak

60 ml (¼ k) witwyn, Rooibostee of lemoensap

5 ml (1 t) gemaalde gemengde speserye (mixed spice)

sout en peper na smaak

 

Geroomde feta

1 skyf (ongeveer 70 g) feta- of sagte bokmelkkaas

30 ml (2 e) olyfolie

10 ml (2 t) fyngerasperde suurlemoenskil

30 ml (2 e) vars suurlemoensap

30 ml (2 e) vars gekapte Italiaanse pietersielie of tiemie

Italiaanse pietersielie vir garnering

gedroogde rooibosbessies (dried cranberries) of granaatpitte, vir garnering

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Halveer die botterskorsie in die lengte en skep die pitte uit. Sny elke helfte in 2-3 kleiner porsies.
  2. Sny elke porsie met ’n groot mes in dun skyfies, om ’n waaier-effek te skep, maar moenie heeltemal deur sny nie. Iets wat baie goed werk, is om twee hout-sosatiestokkies aan weerskante van die botterskorsie te sit en elke keer net tot teen die stokkies te sny.
  3. Pak die botterskorsie, met die waaierkant na bo, met die kaneel in ’n vlak oondbak. Meng die res van die bestanddele saam en geur die mengsel na smaak.
  4. Giet dit oliemengsel oor die botterskorsie. Bedek die oondbak met foelie, met die blink kant na onder.
  5. Rooster die botterskorsie vir 30 minute. Verwyder die foelie en rooster vir nog 25-30 minute of tot die botterskorsie gaar is.
  6. Feta: Plaas intussen die feta of bokmelkkaas met die olie, suurlemoenskil en -sap in ’n mengbak. Meng met ’n stokmenger tot ’n gladde mengsel en roer die kruie by. Geur na smaak, maar onthou dat die feta reeds sout is en al die ander bestanddele baie geur gee.
  7. Rangskik die botterskorsie met die repe suurlemoenskil op ’n opdienbord, skep lepelsvol geroomde feta oor en garneer met die ekstra kruie en rooibosbessies of granaatpitte.
error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This