Hasselback botterskorsie met geroomde feta

Hasselback botterskorsie met geroomde feta

Die natuurlike soet smaak van botterskorsie is perfek as bykos – iets waarvoor Suid-Afrikaners baie lief is. Hier is ’n effens ander aanslag, want die stukkies geroosterde suurlemoenskil is ’n heerlike verrassing. Hasselback-styl word oorspronklik met aartappels gedoen, deur hulle in dun skyfies, maar nie regdeur nie, te sny en dan so in ‘waaiers’ tot goudbruin en bros te rooster.

Botterskorsiekoekies met saliebotter

Botterskorsiekoekies met saliebotter

Wie’s nie dol oor ’n stapeltjie warm pampoenkoekies nie? Maar het jy dit al met botterskorsie gemaak? Probeer gerus ook dié aromatiese botter met vars salie – jy gaan ’n nuwe geur-wêreld ontdek. Die kaneelstokkie waarmee die botterskorsie gekook word, gee dit ook ’n ekstra spesiale geur. En as die idee van die saliebotter jou glad nie opgewonde maak nie, is jy welkom om dit met die tradisionele kaneelsuiker voor te sit. Maar probeer gerus die botter, jy sal nie spyt wees nie. 

Hutspot met tuna en groente

Hutspot met tuna en groente

Tuna is so veelsydig en hierdie vinnige eenpotgereg is propvol wintergeure en perfek om sommer uit ’n bakkie te eet. Daar is genoeg stysel in die gereg, so sit dit net so voor vir ‘n vullende ete.

Marokkaanse koeskoes

Marokkaanse koeskoes

Kyk net al die K’s: komyn, ’n tikkie kaneel, koljanderblare, kruisement en koeskoes – wat ’n wonderlike kombinasie. Die Marokkaanse geure is perfek saam met die andersins neutrale smaak van koeskoes en dis so ’n maklike bygereg om te maak. Dit kan net so met geroosterde vis, hoender of vleis voorgesit word en koeskoes kan ook ’n souserige gereg heerlik absorbeer.
In dié resep word ui en botterskorsie met my gunsteling-spesery, komyn, in die oond gerooster en dan met geroosterde amandels en vars kruie gebruik om die koeskoes te geur. Kruisement- en koljanderblare is perfekte pasmaats vir die speserye en ander bestanddele. Die verskillende bestanddele gee die bygereg ook ’n interessante tekstuur. Hierdie weergawe kan maklik vooraf berei word, maar voeg die kruie en amandels by net voor dit voorgesit word.

Filo-hoenderpastei met groente

Filo-hoenderpastei met groente

Die kleurvolle pastei met ’n meer Mediterreense gevoel as ’n tradisionele hoenderpastei, lyk feestelik op ‘n tafel en lok altyd baie komplimente uit. Die geroosterde groente en hoender is heerlik saam met die pesto en suurroom. Die gereg is perfek vir ’n ligte maaltyd of aandete met ’n groen slaai en selfs indrukwekkend genoeg om vriende mee te onthaal.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest