by Heleen Meyer | May 8, 2025 | Sides & salads, Starchy side
Die natuurlike soet smaak van botterskorsie is perfek as bykos – iets waarvoor Suid-Afrikaners baie lief is. Hier is ’n effens ander aanslag, want die stukkies geroosterde suurlemoenskil is ’n heerlike verrassing. Hasselback-styl word oorspronklik met aartappels gedoen, deur hulle in dun skyfies, maar nie regdeur nie, te sny en dan so in ‘waaiers’ tot goudbruin en bros te rooster.
by Heleen Meyer | Mar 31, 2025 | Sides & salads, Starchy side
Wie’s nie dol oor ’n stapeltjie warm pampoenkoekies nie? Maar het jy dit al met botterskorsie gemaak? Probeer gerus ook dié aromatiese botter met vars salie – jy gaan ’n nuwe geur-wêreld ontdek. Die kaneelstokkie waarmee die botterskorsie gekook word, gee dit ook ’n ekstra spesiale geur. En as die idee van die saliebotter jou glad nie opgewonde maak nie, is jy welkom om dit met die tradisionele kaneelsuiker voor te sit. Maar probeer gerus die botter, jy sal nie spyt wees nie.
by Heleen Meyer | Oct 21, 2024 | Mains, Meat
Tuisgemaakte pizza is soveel pret! Al wat jy nodig het, is ’n betroubare deegresep, aromatiese tamatiesous en bolae van jou keuse. In die blog gee ek jou al die resepte, wenke en idees om jou eie kombuis in ’n ‘pizza-restaurant’ te omskep.
by Heleen Meyer | Apr 21, 2023 | Baking, Desserts, sweet treats & baking
Tuisgemaakte muesli is ’n bonus om in jou kombuis te hê. Maak ’n groot hoeveelheid wat sommer vir ’n hele paar dae se ontbyte gereed kan wees. Met ’n tuisgemaakte weergawe weet jy ook wat daarin is en hoeveel suiker en olie gebruik word.
by Heleen Meyer | Jan 19, 2023 | Accompaniments, Extras
Dukkah (also known as Egyptian dukkah) is a traditional mixture of nuts, seeds and spices and is often used in Middle Eastern and Mediterranean cuisine. Make my homemade version in a few easy steps. Serve as a delicious accompaniment for roasted vegetables, chicken or meat or sprinkled over a salad.