Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Geurige shakshuka/ Flavourful shakshuka

Feb 18, 2022 | Light meals, Light vegetarian

Die kombinasie van ’n speserygegeurde tamatiesous met eiervrug en eiers is absoluut heerlik. Dié sous is ’n bekende Midde-oosterse gereg en alhoewel hierdie weergawe nie skerp is nie, kan jy dit met ’n heel brandrissie ‘warmer’ maak as jy daarvan hou. Elkeen het hul manier om ’n shakshuka se sous te geur, maar die speserye in die resep is elkeen belangrik, so gebruik beslis alles in die lysie. Shakshuka word dikwels met ’n suiwelproduk voorgesit en dit kan wissel van feta- tot bokmelkkaas en selfs ongegeurde jogurt. En as jy nie van die idee van eiers in die sous hou nie, kan jy dit met bone, lensies of kekerertjies vervang, want dié bestanddele is almal heerlik in die sous.

Shakshuka is ook nie net vir ontbyt bedoel nie – eet dit sommer enige tyd van die dag. Dis regtig veelsydig in soveel opsigte, wat beslis tot die gewildheid van die lekker ete bydra.

More than just breakfast
A spicy tomato and brinjal sauce with eggs poached in it, is a match made in heaven. This recipe is well-known in Middle Eastern cuisines and so easy to make. You can decide how spicy the sauce should be. If you like it hot and spicy, add a whole or chopped chilli.

Resep (Afrikaans)

Geurige shakshuka

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele

45 ml (3 e) olyfolie

1 ui, gekap

1 rooi soetrissie, ontpit en gekap

1 knoffelhuisie, gekneus

15 ml (1 e) komynsaad

15 ml (1 e) gewone of gerookte paprika

15 ml (1 e) gemaalde koljander

15 ml (1 e) fyngerasperde vars gemmer

1 medium eiervrug, in kwarte en dan in dik wiggies gesny

50 ml tamatiepasta

2 x 410 g-blikke gekapte tamaties

45 ml (3 e) gekapte vars Italiaanse pietersielie

sout en peper

6-8 eiers

1-2 skywe fetakaas, grof gekrummel of gebruik bokmelkkaas

ekstra vars Italiaanse pietersielie

suurlemoenwiggies en roosterbrood van jou keuse, om mee voor te sit

Metode

  1. Verhit 15 ml van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan. Soteer die ui, soetrissie, en knoffel vir ’n paar minute. Roer die speserye en gemmer by en soteer vir nog ’n paar minute.
  2. Roer die eiervrug en tamatiepasta goed deur, tot die mengsel aromaties is.
  3. Roer die tamaties en gekapte pietersielie by en verlaag die hitte. Prut met ’n deksel vir sowat 15 minute.
  4. Prut vir nog 10 minute sonder ’n deksel of tot die sous begin verdik. Geur na smaak.
  5. Maak 6-8 openinge in die sous en verdeel die orige olie tussen die openinge.
  6. Kraak ’n eier in elke opening (sien wenke). Strooi die kaas oor en prut vir nog 5-10 minute met ’n deksel, of tot die eiers so gaar is soos wat julle dit verkies.
  7. Sit met die pietersielie, suurlemoenwiggies en warm roosterbrood voor.

Wenke

  1. Maak die sous vooraf en verhit weer net voor die eiers daarin gebak gaan word. Of maak sommer genoeg vir nog ’n ete. Dis heerlik om frikkadelle of hoenderporsies in te bak.
  2. Vervang die eiers met botterbone of kekerertjies vir ’n vegetariese ete.
  3. Lepelsvol ongegeurde dubbelroom-jogurt is ook heerlik op ’n shakshuka.

Recipe (English)

Flavourful shakshuka

Serves 4 – 6

Ingredients

45 ml (3 tbsp) olive oil

1 onion, chopped

1 red pepper, chopped

1 clove of garlic, crushed

15 ml (1 tbsp) cumin seeds

15 ml (1 tbsp) ordinary or smoked paprika

15 ml (1 tbsp) ground coriander

15 ml (1 tbsp) freshly grated ginger

1 medium brinjal, quartered and cut into wedges

1 x 50 g sachet (50 ml) tomato paste

2 x 410 g tins chopped tomatoes

45 ml (3 tbsp) chopped fresh Italian parsley

salt and pepper

6-8 eggs

1-2 slices of feta, coarsely crumbled, or slices of soft goats’ milk cheese

extra fresh Italian parsley for garnish

lemon wedges and toast of your choice, to serve

Method

  1. Heat 15 ml of the oil over medium temperature in a large frying pan. Sauté onion, pepper and garlic for a few minutes. Add the spices and ginger and sauté until aromatic.
  2. Stir in the brinjal and tomato paste and mix well.
  3. Add the chopped tomatoes and parsley and allow to simmer over a low heat, with the lid, for about 15 minutes.
  4. Remove the lid and simmer for another 10 minutes or until thickened. Season to taste.
  5. Create 6-8 openings in the sauce and divide the remaining oil between the openings.
  6. Crack an egg into each opening. Sprinkle with cheese and simmer with the lid for another 5-10 minutes or until the eggs are cooked to your preference.
  7. Serve with parsley, lemon wedges and toast.

Tips

  1. Prepare the sauce in advance and reheat before ‘poaching’ the eggs in it. Or while you are busy making the sauce, double up on the quantities to have enough for another meal. Pour the sauce over meatballs or chicken portions and bake in the oven – it’s delicious!
  2. Substitute the eggs with tinned butterbeans or chickpeas to prepare a vegetarian meal.
  3. Dollop spoonfuls of plain yoghurt onto the shakshuka for some added creaminess.

This flavourful shakshuka was part of an article in LiG Tydskrif, Summer 2021.
Photo: Adel Ferreira Photography.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This