Eenvoudige tamatiesous met variasies
Dis ook só veelsydig, want byna enige ander bestanddele kan bygeroer word. Jy kan selfs die sous verpulp vir ’n gladder weergawe as party gesinslede nie van die growwe sous gaan hou nie. Kies ’n proteïen, nog groente, kruie en ander geurmiddels soos olywe om by te voeg. Sien die wenke onderaan die resep vir nog idees. Op die foto word dit met pasta voorgesit, maar die basiese sous is ewe lekker net so met vis, vleis of selfs mieliepap met braaivleis.
Drie bestanddele wat natuurlik sinoniem is met pasta is olyfolie, swartpeper en kaas – veral ’n harde kaas soos pecorino-, parmesaankaas of beleë wit cheddarkaas, wat aan tafel bo-oor gerasper word.
1 groot ui, fyn gekap
1-2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
200 g kersietamaties, gehalveer
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
30-45 ml (2-3 e) gekapte vars gemengde kruie, bv. basiliekruidblare, origanum, tiemie en Italiaanse pietersielie
suurlemoensap, sout en peper
2. Roer die kersietamaties by en soteer vir ’n paar minute tot dit geurig is.
3. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die olyfolie, by en bring tot kookpunt. Roer af en toe, verlaag hitte en prut sonder die deksel vir 15-20 minute of tot die sous verdik.
4. Roer orige olyfolie by en geur na smaak. Die sous is genoeg vir 250 g rou pasta, soos fusilli, penne of enige pasta van jou keuse. Meng die sous met die warm pasta. In die foto hierbo is gebraaide spek, kaasskaafsels en ekstra vars kruie bygeroer.
2. Geur die sous met olywe of ’n fyngekapte brandrissie vir ekstra byt.
Foto: Adel Ferreira Photography