by Heleen Meyer | Oct 21, 2024 | Mains, Meat
Tuisgemaakte pizza is soveel pret! Al wat jy nodig het, is ’n betroubare deegresep, aromatiese tamatiesous en bolae van jou keuse. In die blog gee ek jou al die resepte, wenke en idees om jou eie kombuis in ’n ‘pizza-restaurant’ te omskep.
by Heleen Meyer | Oct 4, 2022 | Light meals, Light meat, Sides & salads
Bruinsampioene het ’n heerlike geur en pas so goed by ’n verskeidenheid bestanddele. Vir die Italiaanse geroosterde sampioene is die kombinasie van tamaties, suurlemoen, olyfolie en kruie met twee kase so lekker. Selfs lekkerder as pizza!
by Heleen Meyer | Mar 19, 2021 | Light meals, Light vegetarian
Dié Spaanse-styl tamatiesop word koud voorgesit en is heerlik verfrissend op ’n warm dag. Dis perfek vir ’n ligte maaltyd of as voorgereg en smaak die volgende dag selfs nog lekkerder. Die sop is ook baie veelsydig, want dit kan soos hier onder, met suurroom of gewone jogurt en basiliekruidblare voorgesit word. Of geur dit met paprika of meer Tabasco vir ’n ekstra byt en sit met koljanderblare voor.
by Heleen Meyer | Mar 6, 2019 | Mains, Seafood
Vis is ’n wonderlike vorm van proteïen – dis nie net gesond nie, maar ook maklik en vinnig om voor te berei. En tog is mense soms huiwerig om dit self gaar te maak. Geroosterde of gebraaide vis word dikwels in ’n degie voorberei, maar dan ook in diepvet gebraai. Hierdie resep gebruik dieselfde beginsel, om repies vis in ’n gegeurde meelmengsel te doop, maar dan word dit in net ’n dun lagie olie in ’n pan gebraai tot dit gaar, maar steeds sappig is. Die buitenste korsie is dus bros en geurig, maar daar is heelwat minder olie ter sprake. Om ’n vinnige gesinsete te kan voorsit, word die groente sommer in dieselfde pan gebraai.
by Heleen Meyer | May 12, 2017 | Mains, Meat
Search for: MainsMeat Poultry Seafood Vegetarian More categories Sides & salads Mains Light meals Desserts, baking & sweet treats Extras Kosblik 101 / Lunch boxes Subscribe for more recipes Enter your email address to subscribe to this blog and receive...